• Tuisblad
  • Howe
  • Gee opgeskorte vonnis vir Dippenaar, vra sielkundige
Jandre Dippenaar is expected to hear his fate on Friday. Photo Leandrea Mouers
Jandre Dippenaar is expected to hear his fate on Friday. Photo Leandrea Mouers

Gee opgeskorte vonnis vir Dippenaar, vra sielkundige

Leandrea mouers
“'n Lang tronkstraf sou nie gepas wees nie. Hy het emosioneel, sosiaal, fisies en finansieel gely.”

So het die sielkundige Willem Annandale gister in die landdroshof in Swakopmund getuig.

Hy meen dat Jandré Dippenaar, wat verantwoordelik was vir die gru-ongeluk waarin ses mense dood is, ’n opgeskorte vonnis opgelê moet word.

Dit is beklemtoon in sy evaluasieverslag wat saamgestel is nadat Dippenaar skuldig bevind is op ses aanklagte van moord, roekelose en/of nalatige bestuur, asook die bestuur sonder ’n geldige rybewys, wat spruit uit ’n ongeluk wat in Desember 2014 naby Hentiesbaai plaasgevind het. Die ongeluk het die lewens van Dinah Pretorius, Charlene Schoombee, JC Horn en Markus, Stephanie en Alexandra Joschko geëis het.

Annandale is deur Dippenaar se regspan ingebring nadat die objektiwiteit van die vorige sielkundige wat tydens die verhoor getuig het, bevraagteken is.

Hy het gister getuig dit was tydens sy evaluasie duidelik dat Dippenaar nie die ongeluk beplan het nie en dat sy geheueverlies ná die ongeluk eg is.

Annandale het verder verduidelik dat hy tydens sy evaluasie gevind het dat Dippenaar voor die ongeluk “op ’n positiewe plek was”.

“Hy was ingesteld op sy toekoms en het moeite gedoen om sy destydse liefdesbelangstelling, Dinah Pretorius (wat ook in die ongeluk dood is), aan sy ma en ouma voor te stel.

“Hy was suksesvol in sy loopbaan en sport. Hy was besig om te kalmeer, want hy is beskryf as ’n ‘wilde’ jong man wat dit geniet het om te drink en saam met vriende te kuier.

“Daar was geen aanduidings dat hy antisosiaal was, probleme met sy humeur ervaar het of psigotiese eienskappe voor of op die dag van die ongeluk getoon het nie,” het Annandale gesê.

Deur sy verslag en die psigometriese toetse wat hy uitgevoer het, het Annandale bevestig dat Dippenaar nie sy geheueverlies van die ongeluk voorgee nie.

“Hy bevraagteken homself voortdurend oor wat hy anders kon gedoen het om die ongeluk te voorkom, wat hom aansienlike stres veroorsaak.

“Hy het ook baie gely onder haatspraak, kritiek en terugslag wat hy op sosiale media en deur negatiewe nuusdekking ontvang het. Hy is spyt oor die ongeluk, is uiters berouvol oor wat gebeur het, sukkel met aansienlike fisieke pyn, en het sedert die ongeluk baie selfvertroue verloor,” het Annandale bygevoeg.

“Die gebrek aan verswarende faktore moet nie oorskadu word deur die omvang van die tragedie wanneer die hof oor ’n vonnis besluit nie.”

Tydens kruisondervraging het die staatsadvokaat, Ethel Ndlovu, Annandale gevra hoe ’n opgeskorte vonnis die slagoffers en die breë gemeenskap kan raak, wat dalk in die versoeking kan kom om reg in eie hande te neem.

“Ek erken wel die risiko, maar die samelewing het hom reeds skuldig bevind, en ek sien nie hoe ’n swaar vonnis die publiek sal verhoed om op ’n morele kruistog op sosiale media te gaan nie,” het Annandale geantwoord.

Hy het bygevoeg dat dit nie binne sy opdrag of bestek van plig was om die impak op die slagoffers te bepaal nie.

VRIEND GETUIG

Die ander persoon wat getuig het, was Frans Grobler, ’n jarelange vriend van Dippenaar, wat verklaar het dat hy nog nooit onveilig gevoel het om saam met Dippenaar te ry nie.

Grobler, wat nou sy eie besigheid besit, het vroeër 24 jaar in die Windhoek-stadspolisie se verkeersafdeling gewerk.

Hy was ook een van die eerste mense wat Dippenaar ná die ongeluk in sy vertroue geneem het.

“Toe ek hom in die hospitaal besoek het, het hy almal gevra om die kamer te verlaat sodat ons privaat kan praat. “Hy het baie emosioneel geraak toe hy vir my sê hy hoor mense is in die ongeluk dood en dat dit nooit sy bedoeling was om iemand seer te maak nie,” onthou Grobler.

Grobler het bygevoeg dat Dippenaar sedert die ongeluk ’n kluisenaar geword het.

“Hy het baie teruggetrokke geraak. Die verbale aanvalle, die negatiewe en kwetsende kommentaar in die koerante en op sosiale media – dit het hom persoonlik geraak. “Mense het hom persoonlik aangeval. Ons was almal eens op ’n tyd jonk en het foute gemaak, maar hy het nog baie om tot die samelewing, sy vriende en sy familie by te dra.”

VERRIGTINGE

Die voorvonnisverhoor wat Dinsdag begin het, is gister met getuieverklarings afgesluit.

Die staat het Jan-Karel Horn, die pa van JC Horn, wat ook in die ongeluk dood is, en Antonia Joschko, die enigste oorlewende van die ongeluk buiten Dippenaar, geroep om ter verswaring van sy vonnis te getuig.

Mondelinge voorleggings deur Dippenaar se regspan, advokate Albert Strydom en Petrie Theron, en staatsadvokaat Ethel Ndlovu sal vandag om 10:00 ’n aanvang neem en landdros Gaynor Poulton sal na verwagting môre Dippenaar se vonnis lewer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Currency: GBP to NAD 23.31 | EUR to NAD 19.72 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.89 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.28 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1587.42 | USD to ZAR 17.89 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 545.76/OZ UP +1.34% | Copper US$ 4.17/lb UP +0.69% | Zinc US$ 2 855.50/T UP 2.5% | Brent Crude Oil US$ 72.15/BBP UP +1.45% | Platinum US$ 967.67/OZ UP +1.44% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.31 | EUR to NAD 19.72 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.89 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.28 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1587.42 | USD to ZAR 17.89 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 545.76/OZ UP +1.34% | Copper US$ 4.17/lb UP +0.69% | Zinc US$ 2 855.50/T UP 2.5% | Brent Crude Oil US$ 72.15/BBP UP +1.45% | Platinum US$ 967.67/OZ UP +1.44%