Geen borgtog vir Grootfontein-boer

Familie identifiseer oorledene
Die 65-jarige me. Marieta Wilhelm, wat ná 'n voorval op haar plaas van moord aangekla is, is op Otavi in aanhouding sedert sy die afgelope Sondag uit die hospitaal ontslaan is.
Elvira Hattingh
Die 65-jarige vroueboer van Fokshof, wat op 15 Maart ‘n man doodgemaak het wat haar na bewering vroegoggend net buite haar plaashuis aangerand het, se aansoek om borgtog het misluk.

Me. Marieta Wilhelm is gister borgtog in Grootfontein se landdroshof geweier nadat die staatsaanklaer die erns van haar oortreding beklemtoon het.

Die hof het beslis sy kan voorts ‘n formele aansoek om borgtog op 23 Mei indien.

Wilhelm, wat ná die voorval van moord aangekla is, is op Otavi in aanhouding sedert sy die afgelope Sondag uit die privaat hospitaal op Grootfontein ontslaan is.

Intussen is die man wat Wilhelm na bewering doodgemaak het, die afgelope naweek deur familielede as die 31-jarige mnr. Sakaria Kaandje geïdentifiseer.

NamPol se koördineerder vir misdaadondersoeke in die Otjozondjupastreek, adj. komm. Naukalemo Andreas, het aan Nampa gesê ’n nadoodse ondersoek toon die oorledene is drie keer geskiet en het ernstige kopwonde opgedoen.

Vriende van Wilhelm het gister aan Republikein gesê haar gemoed is swaar. Hulle het ook verskeie oproepe oor die naweek ontvang waarvolgens hulle sekere bedrae geld sou kon betaal om seker te maak haar borgtog word toegestaan. Hulle is nie seker of dit dalk die werk van swendelaars is nie.

AGTERGROND

Wilhelm, wat meestal vrou-alleen op Fokshof in die Grootfontein-omgewing boer, is in 2016 ook op haar plaas aangeval en beseer.

Oor die mees onlangse voorval het die Namibiese polisie se adj.komm. Kauna Shikwambi in ‘n voorlopige polisieverslag gesê ’n man het die perseel van haar huis met “onduidelike bedoelings betree en probeer om haar met ‘n stok aan te val”.

“Die verdagte het die oorledende verskeie kere met ‘n pistool geskiet en hom teen die kop met ‘n hamer geslaan, wat tot sy dood op die toneel gelei het,” het Shikwambi gesê.

Wilhelm se weergawe verskil hiervan.

Sy het ‘n dag ná die mees onlangse aanval uit die hospitaal met Republikein gepraat, waartydens sy vertel het dat sy omstreeks 05:00 die oggend vir Kaandje langs haar huis gevind het.

Wilhelm het vertel hy het haar met ‘n houtstomp toegetakel en dat sy geval het, waarna sy blindelings op hom geskiet het. Volgens haar kon sy nie sien waar sy skiet nie, omdat haar oë vol bloed van die wond op haar voorkop was.

Wilhelm beweer die aanvaller het toe met ‘n hamer op haar afgekom, maar sy kon daarin slaag om dit by hom af te neem en het hóm daarmee teen die kop geslaan.

Sy het vertel sy leef voortdurend in vrees nadat sy doodsdreigemente ontvang het, waarvan sy foto’s geneem het, en sy het haar geweer oral saam met haar begin dra. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!