Geen borgtog vir ‘renosterstropers’ van Gobabis-bul
Die beskuldigdes wat die afgelope naweek betrokke was by die stropery van ‘n witrenosterbul op 'n plaas in die Gobabis-distrik, bly in aanhouding.
Volgens die hoofwoordvoerder van die Namibiese polisie, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, het die beskuldigdes reeds in die landdroshowe van Gobabis en Katutura in Windhoek verskyn.
Die name van die beskuldigdes soos verskaf deur Shikwambi is Micheal Shomeya Koshondatile (39), Barnabas Shitaleni Muzanime (35), die 31-jarige Petrus Petrus Nghifindaka, Victory Henghono (ook 31) en die 34-jarige Imanuel Stafanus Nangwasha.
Nadat die karkas van die groot witrenosterteelbul met sy horings verwyder gevind is, het die ondersoek deur die Blue Rhino-taakspan, die beskermde hulpbronne-afdeling in die Omahekestreek, sowel as die ondersoekeenheid van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme begin.
“Met inligting verskaf deur die boeregemeenskap en plaaslike polisiereserviste, is 'n voertuig met 'n GRN-registrasienommer geïdentifiseer wat vermoedelik betrokke was by die renosterstropery,” het Shikwambi in ‘n verklaring gesê.
Die voertuig is volgens een van die polisiereserviste ‘n splinternuwe 2024-model Toyota Fortuner.
Volgens Shikwambi het die ondersoekspan die voertuig en sy bestuurder in Gobabis opgespoor en die opvolgondersoeke het die ondersoekspan na die Havana informele nedersetting in Windhoek gelei.
“Van Sondag 5 Mei tot die oggend van Maandag 6 Mei het die span drie Nambiese mans in Windhoek gearresteer wat in besit gevind is van twee vars renosterhorings wat vermoedelik afkomstig is van die renoster.”
Dié drie beskuldigdes het Dinsdag hul eerste verskyning in die Katutura-landdroshof gemaak en hul saak is tot 13 Augustus vir verdere ondersoek uitgestel. Geen borgtog is toegestaan nie en hulle sal ook aangekla word in die renosterstroperysaak van Gobabis.
Nog twee Namibiese mans is ook in Windhoek en Gobabis in hegtenis geneem vir hul betrokkenheid by die renosterstroperysaak en hulle het Woensdag saam met die regeringsvoertuigbestuurder in die Gobabis-landdros verskyn. Hul saak is tot 24 Julie vir verdere ondersoek uitgestel. Hulle bly ook in aanhouding.
Renosterstropers het dié plaas al drie keer geteiken en renosters gestroop.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie