Geen borgtog vir 'renosterstropers'
Die vermeende stropers van twee swartrenosters in die Etosha Nasionale Park is borgtog geweier.
Teophelus Matheus Kandali (43) en Maatona Tjiuma (30) – beide Namibiërs – het Dinsdag in die Tsumeb-landdroshof op ’n klag van die onwettige jag van spesiale beskermde wild sonder ’n permit verskyn. Hul saak is tot 23 Junie uitgestel.
Hul inhegtenisneming volg op die ontdekking Sondag van die karkasse van ’n swartrenosterkoei en ’n mediumgrootte bulkalf by die Kameeldoring-watergat in die noorde van Etosha.
Na bewering het die mans die park onwettig binnegegaan en die renosters met vuurwapens doodgeskiet en hul horings verwyder.
Die Namibiese polisie het vier renosterhorings en vuurwapens by die verdagtes gekonfiskeer.
Die twee beskuldigdes is onderskeidelik woonagtig in die Kotengua-nedersetting naby Opuwo in die Kunenestreek en die Omatando-nedersetting naby Ongwediva in die Oshanastreek.
Op ’n vraag of daar na nóg twee verdagtes gesoek word, het die hoof van die Blue Rhino-taakspan, adj.komm. Barry de Klerk aan Namibia Media Holdings (NMH) gesê hulle “is besig met die ondersoek teen die sindikaat wat betrokke is by die onlangse renosterstropery”.
Die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, Romeo Muyunda, het gister die stropingstatistieke vir vanjaar gewysig na altesaam 34 renosters. Die meerderheid hiervan – altesaam 21 swartrenosters – is in Etosha gestroop.
Die meeste karkasse is in Maart gevind tydens ’n operasie om renosters in dié vlagskippark te onthoring.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie