Geen einde in sig vir Kennedy-verhoor
Die hoofverhoor van die voormalige landdros Jaco Kennedy kon nie Dinsdag hervat nie.
Dié verhoor sloer aangesien ’n aansoek vir die staatsaanklaer, adjunk-aanklaer-generaal Innocentia Nyoni, om haarself aan die verhoor te onttrek, steeds nie afgehandel is nie.
Regter Kobus Miller het vroeër dié jaar die aansoek van die hand gewys. Kennedy het beweer dat Nyoni ’n belangrike getuie kan wees rakende die klag van dwarsboming van die gereg. Die staat het egter nie Nyoni as ’n getuie geroep nie.
Kennedy hoop egter om Miller se uitspraak in dié aansoek in die hooggeregshof uit te daag. Weens die feit dat die staat nie volgens Miller se opdrag hul argumente op rekord geplaas het nie, is Kennedy se aansoek om verlof tot appél tot 28 Julie uitgestel.
Kennedy het ook ’n aansoek gebring om ’n gedeelte van die strafprosesreg uit te daag. Dié saak is ook nog hangend.
Kennedy meen hy is geregtig om getuies in persoon te sien terwyl hulle getuig en dat die gebruik van kringtelevisiekameras sy regte skend. Dié verhoor sal op 21 Augustus hervat.
Kennedy en sy neef, Raymond Cloete, staan onder meer tereg op verkragting en ontvoering. Hulle het na bewering op 3 Januarie 2015 ’n vrou ontvoer en verkrag.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie