Gevangene, Sioka in regstryd gewikkel
’n Gevangene het ’n dringende aansoek teen die minister in die presidensie verantwoordelik vir geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn en die ombudsman van Namibië gebring met betrekking tot aansoeke vir pensioen- en ongeskiktheidstoelaes van gevangenes wat glo opgeskort is.
Petrus Friedel Frederik (47) dien tans sy vonnis by die Evaristus Shikongo korrektiewe geriewe op Tsumeb uit en het die hof versoek vir ’n interdik teen die minister, Doreen Sioka, en die Ombudsman, Basilius Dyakugha, wat hulle sal verhoed om in te meng met die registrasie en betaling van toelaes aan gevangenese.
“Die applikant nader die hof vir ’n interdik om die reg tot toelaes te beskerm, asook die applikant se reg om dit te ontvang, nes diegene wat nie in aanhouding is nie.”
Hy beweer ’n interdik sal ook gevangenes se grondwetlike regter ingevolge artikel 8, 10 en 18 beskerm.
Partye het Donderdag voor regter Collins Parker in die hoërhof verskyn.
WET OP PENSIOENE
In Frederik se verklaring sê hy in Januarie vanjaar het ’n administratiewe beampte van die ministerie ’n brief deur die Namibiese korrektiewe dienste (NCS) laat sirkuleer wat handel oor die opskorting van maatskaplike toelaes aan gevangenes.
Die brief verwys glo na afdeling 16 (1)(g) van die wet op nasionale pensioen wat stel dat die minister in konsultasie met die minister van finansies, gemagtig is om enige regulasies te maak met betrekking tot die betaling van nasionale pensioen aan mense in aanhouding of in staats- of staatsondersteunde instellings, insluitend die opskorting van dié betalings.
Frederik beweer die respondente het die wet verkeerd geïnterpreteer en volgens hom is daar verskeie mense wat as gevolg van die opskorting, in armoede lewe terwyl hulle in korrektiewe geriewe is.
Hy sê dat tronke nie alle basiese benodighede voorsien nie, soos byvoorbeeld brille, medikasie, nagklere, onderklere en basiese toiletware.
“Dit maak dit moeilik om ’n ordentlike bestaan te maak, selfs al is mens agter tralies. Die lewe is ondraaglik sonder die maatskaplike beskermingsnet wat pensioen- en ongeskiktheidstoelaes bied, ongeag waar jy is,” lui Frederik se verklaring wat hy op 3 Mei by die hof ingedien het.
Frederik beweer dat die opskorting hom benadeel en hom van huidige en toekomstige toelaes ontneem.
“Die applikant [Frederik] het ’n reg ingevolge die wet op pensioene en die respondente [Sioka en Dyakugha] het daardie reg onderskep,” het Frederik wat ten tyde die indiening van die aansoek homself verteenwoordig het, gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie