Gevangene sleep minister hof toe
Eis N$10 miljoen van verweerders
'n Gevangene wat lewenslange tronkstraf vir moord uitgedien het, is te vroeg op parool vrygelaat en is vier maande later weer in hegtenis geneem.
’n Man wat in 2000 lewenslange tronkstraf vir moord opgelê is, eis nou N$10 miljoen van die minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, asook die kommissaris-generaal van die Namibiese korrektiewe dienste en drie ander verweerders.
Laurentius Koopman is in Oktober 2020 vrygelaat nadat hy slegs 20 jaar van sy lewenslange vonnis uitgedien het.
Hy is weer in Februarie 2021 in hegtenis geneem aangesien tronkowerhede beweer het hy is verkeerdelik vrygelaat.
Die tronkowerhede beweer dat Koopman volgens die Gevangeniswet, Wet 8 van 1959, glo eers ná ’n minimum van 25 jaar in die tronk op parool vrygelaat mag word.
Partye het Woensdag in die hoërhof in Windhoek voor regter Harald Geier verskyn vir voorverhoorverrigtinge.
BEWEERDE NALATIGHEID
Koopman eis dat sy inhegtenisneming onwettig was, en dat sy reg tot vryheid en sy menswaardigheid geskend is.
Volgens Koopman se verklaring het die president sy vrylatingsbevel op 5 Oktober 2020 onderteken en is hy op 24 Oktober vanuit die Windhoek Sentrale Gevangenis vrygelaat, net om weer op 4 Februarie 2021 in hegtenis geneem te word.
“Die eiser het nie ná 48 uur voor 'n regter verskyn nie en nadat hy weer in hegtenis geneem is, het die gevangenisowerhede nie sy arrestasiebevel aan hom voorsien nie en geen dokumente is deur die beampte in beheer ingedien nie,” lui Koopman se verklaring.
Koopman eis dat sy vrylating as gevolg van die owerhede se nalatigheid was. Hy was glo onder die indruk dat hy ná 20 jaar op parool vrygelaat kan word.
TRONKOWERHEDE ONTKEN FOUT
Die verweerders beweer aangesien Koopman nie vir hulle die nodige vooraf kennisgewing van sy siviele eis gegee het nie, ingevolge sub-artikel 133(4) van die Wet op Korrektiewe Dienste, Wet 9 van 2012, dit voldoende rede is vir die eis om van die hand gewys te word.
“Skriftelike kennisgewing aan die verweerders, die amptenaar van die Namibiese korrektiewe dienste, is 'n voorwaarde vir 'n siviele eis. Die eiser se nalating om die verpligte skriftelike kennisgewing in te dien, is dus beslissend en die verweerders vra op daardie punt alleen dat die eis met koste van die hand gewys moet word,” lui die verweerders se verklaring.
Hulle ontken verder dat die herarrestasie van die eiser ná sy foutiewe vrylating, onwettig of diskriminerend was en dit nie sy waardigheid aangetas het nie.
“Die eiser is wettiglik in hegtenis geneem ingevolge artikel 117 (16) (b) van die Wet op Korrektiewe Dienste, Wet 9 van 2012 wat die kommissaris-generaal bemagtig om 'n lasbrief uit te reik vir die inhegtenisneming van ’n oortreder wat verkeerdelik op parool vrygelaat is.”
“Ter versterking van die ontkenning, pleit die verweerders dat die eiser nog nie 'n minimum van 25 jaar van sy lewenslange gevangenisstraf uitgedien het om in aanmerking vir parool te kom nie.”
Die verweerders het die hof versoek om die eis van die hand te wys en die saak van die rol te skrap.
Buiten vir die minister, dr. Albert Kawana, en kommissaris-generaal Raphael Hamunyela, is die ander drie verweerders die voorsitter van die nasionale paroolraad, die hoof van Windhoek Sentrale Gevangenis, die hoof van Keetmanshoop-gevangenis en die hoof van die saakbestuurseenheid. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie