Gewysigde egskeidingswet nog ver van ’n werklikheid
Wysigingswetsontwerp
Die wetsontwerp om egskeidings makliker en goedkoper te maak, is nou gereed vir konsultasies met sleutelbelanghebbendes en die publiek.
’n Egskeidingswetsontwerp wat daarop gemik is om egskeidingswetgewing in Namibië te wysig, is Vrydag met die publiek vir insette gedeel.
Beplanning om Namibië se egskeidingswet te verbeter, het reeds in 2004 begin.
“Daar is verskeie faktore wat 'n rol speel en die tempo beïnvloed waarteen wette aangeneem en daarna bekragtig word. Die wetsontwerp op egskeiding is geen uitsondering nie,” het mnr. Simon Idipo, die woordvoerder van die ministerie van justisie, verduidelik.
Hy het bygevoeg dat die administratiewe kwessies en wetgewingproses wat gevolg moet word van die faktore is wat die proses kan vertraag.
“As alles volgens plan verloop, beoog ons om die egskeidingswetsontwerp in die tweede of derde sitting van die Nasionale Vergadering vanjaar ter tafel te lê.”
Sodra die wetsontwerp wet word, sal dit nie onmiddellik in werking tree nie weens die impak wat die wetshervorming sal hê. Dit verg talle veranderings aan institusionele reëlings om aan die vereistes van die nuwe wet te voldoen.
Die kantoor van die Regbank sal hofreëls moet wysig om by die nuwe wet aan te pas en landdroste sal opgelei moet word om egskeidingsaangeleenthede te hanteer, wat tans net deur hoërhofregters behartig word.
Die wetsontwerp sal volgens Idipo in die Staatskoerant verskyn sodra al die logistieke veranderinge afgehandel is.
“Wetontwerpe wat regulasies en institusionele aanpassings vereis, neem gewoonlik langer om te verseker die nodige voorbereidings word getref vir die wette om in werking te tree.”
VERBETERINGE
As die wet goedgekeur word, sal dit egskeidingsverrigtinge aansienlik vergemaklik deur die koste te verminder en weg te beweeg van ’n skuldgebaseerde stelsel.
In plaas daarvan om 'n rede vir ’n egskeiding te spesifiseer, kan paartjies eerder net noem dat hul huwelik in egskeiding sal eindig as gevolg van 'n onherstelbare ineenstorting.
In egskeidings waar geen kinders betrokke is nie, kan 'n gesamentlike papieraansoek by 'n streekhof ingedien word.
Die Regshulpsentrum (LAC), wat al vir meer as twee dekades die wysiging van die wet bepleit, het verduidelik dat die huidige kwessies wat met egskeidingsverrigtinge in Namibië ondervind word, gereeld bydrae tot geslagsgeweld omdat mense in ongelukkige en gewelddadige huwelike vasgevang is.
Dit ly glo ook tot paartjies wat skei sonder ’n amptelike egskeiding en dit laat kwessies oor eiendomsregte onopgelos.
“Deur toegang tot egskeidingsaansoeke te vergemaklik, sal konflik tussen paartjies verminder en dit kan net tot voordeel van die kinders in die huwelik wees,” meen die LAC.
Die hersiene wetsontwerp is tans gereed vir konsultasies met sleutelbelanghebbendes en die publiek en die voorlegging van die gewysigde wet het die afgelope Vrydag begin en sal op 4 April sluit.
Sodra konsultasies afgehandel is, sal die minister van justisie goedkeuring vir die wetsontwerp by die kabinetskomitee oor wetgewing (CCL) vra.
Sodra die goedkeuring verleen is, sal die wetsopstellers die voorgestelde veranderings inkorporeer, waarna die wetsontwerp dan na die prokureur-generaal gestuur sal word vir sertifisering en uiteindelik deur die minister in die parlement ter tafel gelê word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie