Gobabis-kerklidmate 'seksueel uitgebuit'
Lastersaak nog hangend
Nadat uitlatings teen 'n pastoor van die Enlightened Christian Gathering: The Jesus Nation Church op sosialemediaplatforms gedeel is, het die kerk regstappe geneem.
“Daar is ’n pastoor van #TheJesusNationNamibia wat met ander se mans en kêrels hoereer en hy slaap ook met die jong seuns.”
Dit is van die uitlatings wat teen ’n pastoor van die Enlightened Christian Gathering: The Jesus Nation Church (ECG) in Gobabis gemaak is. Dit is ook die fokus van ’n lastersaak wat tans by die hoërhof in Windhoek hangend is.
“Sulke Namibiese pastore word nie geskors nie, maar hulle skors Leviete wat geen posisie in die kerk of stem het om vir hulle te veg nie.”
Die voormalige assistent-pastoor by die kerk, Cosmas Munkanda, het hierdie uitlatings en bewerings dat die pastoor betrokke was by seksuele verhoudings met jong lidmate – mans en vrouens – in November verlede jaar op sy Facebookblad geplaas.
Na aanleiding van Munkanda se beweerde lasterlike uitlatings, het die kerk in Desember 2023 ’n brief uitgestuur waarin geëis word dat hy sy uitlatings terugtrek aangesien dit die kerk se beeld aantas. Hy het dit egter nie gedoen nie.
Dit het gelei tot ’n hofgeding van N$250 000 waarin die kerk Munkanda van naamskending beskuldig. Die kerk het hom hof toe gesleep omdat hy na bewering ongegronde insinuasies en beskuldigings gemaak het.
Boonop eis die ECG dat hy binne vyf dae nadat die hofbevel uitgereik is, ’n verskoning in twee plaaslike koerante moet publiseer.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie