Gospelsanger in hof vir beweerde verkragting
Voorval glo in Maart plaasgevind
Alexander Shiwayu is volgens hofstukke borgtog van N$3 000 toegestaan en die saak is tot 5 Julie uitgestel.
Nuusredaksie – Die gospelsanger en motiveringspreker Alexander Shiwayu (34) is onlangs in hegtenis geneem en het verskeie kere in die hof verskyn nadat hy na bewering ’n lid van die koor by ’n plaaslike universiteit verkrag het.
Shiwayu is die koorleier.
Hy is op 8 April in hegtenis geneem en het verlede Maandag voor landdros Monica Andjaba in die landdroshof in Windhoek verskyn en is borgtog toegestaan.
Hy staar een aanklag van verkragting in die gesig, saamgelees met die bepalings van die wet teen verkragting.
Sylvia Kauluma, Rowan van Wyk en Amize Adams was onderskeidelik die aanklaers tydens sy hofverskynings.
Shiwayu is volgens hofstukke borgtog van N$3 000 toegestaan en die saak is tot 5 Julie uitgestel.
Die God is Great All The Time-sanger het na bewering ’n 22-jarige universiteitstudent op 15 Maart in die Dorado Park-woonbuurt in Windhoek verkrag.
Die beweerde verkragting het woede oor die optrede van selfverklaarde “mans van God” uitgelok ná ’n onlangse reeks arrestasies van predikers wat van verkragting beskuldig word.
Die studentedekaan het na bewering ’n ondersoek na die voorval van stapel gestuur. Shiwayu is ’n oudstudent van die betrokke universiteit.
’n Studenteleier het intussen gesê in die geval dat die bewering waar is en hy skuldig bevind word, “sal ons by ons student staan. Ons sal seker maak die slagoffer is beskerm. Ons probeer ook om studente sover te kry om te praat. Hulle praat baie, maar sê niks konkreet wat ons sal help om agter die waarheid te kom nie”.
Shiwayu se borgtogvoorwaardes bepaal dat hy geen direkte of indirekte kontak met die vermeende slagoffer mag hê nie, hy nie Windhoek sonder die toestemming van die ondersoekbeampte mag verlaat nie en dat hy ook nie by die polisie se ondersoek mag inmeng nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie