Grondraad nou deel van ReconAfrica-saak
Aansoek om samevoeging slaag
Die hooggeregshof het in Desember ReconAfrica se versoek om teen twee van regter Eileen Rakow se beslissings te appelleer, van die hand gewys.
In die saak waarin ’n inwoner van die informele nedersetting Mbambi in die Kavango-Oosstreek die oliereus, Reconnaissance Energy Namibia (ReconAfrica), in die hof uitdaag, is die kommunale grondraad in die Kavango-Oosstreek onlangs by die saak bygevoeg.
Dit volg nadat Andreas Sinonge, wat in April 2021 die saak teen ReconAfrica aanhangig gemaak het, ’n aansoek om samevoeging by die hof ingedien het.
Volgens ’n hofbevel wat Dinsdag uitgereik is, is die aansoek toegestaan en die raad is nou gelys as die sewende respondent in die saak.
AGTERGROND
Die Shambyu Tradisionele Owerheid het in Oktober 2020 ’n gedeelte van die kommunale grond in Mbambi aan ReconAfrica toegeken.
’n Toestemmingsbrief is aan ReconAfrica oorhandig wat die maatskappy vanaf Maart 2021 bemagtig het om dié grond as boorperseel te beset.
Sinonge beweer dat hy ingevolge artikel 28 van die Wet op Kommunale Grondhervorming no. 5 van 2002, eksklusiewe gewoontereg op die grond het en dat die oliemaatskappy sonder enige beraadslaging of vooraf kennisgewing die natuurlike woud en landerye op die kommunale grond vernietig het om hul tweede toetsboorgat te boor.
Sinonge eis ’n bevel om ReconAfrica van hul kommunale grond te verwyder en die gebied te rehabiliteer sodat hy na sy grond kan terugkeer.
GRONDRAAD
Die Shambyu Tradisionele Owerheid val onder die beheer en administrasie van die Kavango-Oos kommunale grondraad.
“Die grond wat die onderwerp van hierdie dispuut is, val dus onder die jurisdiksiegebied van die raad. Die raad is verantwoordelik vir die administrasie en registrasie van kommunale grondregte in die Kavango-Oosstreek en beheer daarom die grond en het dus ’n belang by hierdie verrigtinge,” het Sinonge in sy aansoek aangevoer.
ReconAfrica beweer dat hy ’n aansoek om registrasie by die raad ingedien het en die aansoek is glo nog hangend.
“Die raad se besluit oor ReconAfrica se aansoek kan ’n direkte impak op hierdie verrigtinge hê. Benewens moet die raad ook bewus wees van verrigtinge wat direk verband hou met die grond wat die middelpunt van die hangende aansoek is, om ’n besluit te neem.”
Sinonge het verder aangevoer die afwesigheid van die raad hou vir die hof ’n risiko in ten opsigte van ’n bevel of uitspraak wat afgedwing en/of geadministreer moet word deur ’n raad wat nie deel van die verrigtinge was nie.
VERSOEK MISLUK
ReconAfrica het ook verlede jaar gepoog om teen twee van regter Eileen Rakow se beslissings in die hooggeregshof te appelleer, maar het misluk.
Die eerste beslissing waarmee die maatskappy ontevrede was, was Rakow se bevel op 23 en 24 November 2021 toe sy Sinonge geleentheid gegee het om sy beantwoordende beëdigde verklaring by die hof in te dien.
ReconAfrica sê Sinonge het nie ’n substantiewe aansoek ingedien om verlof van die hof te vra nie en Rakow het daarom glo ’n regsfout begaan.
Die maatskappy is ook ontevrede met Rakow se beslissing om nie haarself aan die saak te onttrek toe ReconAfrica ’n onttrekkingsaansoek gebring het nie.
Rakow het in Julie verlede jaar hul aansoek om verlof tot appèl om dié beslissings in die hooggeregshof uit te daag, van die hand gewys.
ReconAfrica het daarna ’n versoek aan die hooggeregshof gerig om dié beslissing te hersien en adjunkhoofregter Petrus Damaseb het op 20 Desember 2022 ’n bevel uitgereik dat die appèlversoek ook van die hand gewys is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie