• Tuisblad
  • Howe
  • Grootfontein-boervrou weer September voor die hof
Me. Marieta Wilhelm. Foto Argief
Me. Marieta Wilhelm. Foto Argief

Grootfontein-boervrou weer September voor die hof

Wilhelm se borgtog verleng
Die 65-jarige vroueboer van Grootfontein het Donderdag weer in die landdroshof op Grootfontein verskyn.
Kristien Kruger
Dit is nog nie bekend of die aanklaer-generaal gaan besluit om die 65-jarige vroueboer van die plaas Fokshof in die Grootfontein-omgewing in die beskuldigdebank te plaas of nie.

Me. Marieta Wilhelm het op 15 Maart die dood van ’n man veroorsaak nadat hy haar na bewering vroegoggend net buite haar plaashuis aangerand het.

Sy het Donderdag in die Grootfonteinse landdroshof verskyn en die saak is tot 15 September vir verdere ondersoek uitgestel.

Mnr. Jan Wessels, Wilhelm se regsverteenwoordiger, het aan Republikein gesê die saak is vir verdere ondersoek uitgestel en wanneer dié ondersoek afgehandel is, sal die dossier aan die aanklaer-generaal se kantoor gestuur word.

Dis hier waar ‘n besluit geneem sal word of Wilhelm aangekla sal word, wat die klagte sal wees en waar sy aangekla sal word – in die hoërhof of in die streekhof op Otjiwarongo.

BORGTOG

Wilhelm is vry op borgtog op voorwaardes dat sy haar reisdokumente inhandig, nie die land verlaat nie en ook nie aansoek vir nuwe reisdokumente sal doen nie.

Sy moet ook elke Vrydag by ‘n polisiekantoor aanmeld en die ondersoekbeampte in kennis stel as sy die Tsumeb-Grootfontein-Otavi-distrik verlaat.

Die Suid-Afrikaanse aktivis teen plaasaanvalle, mnr. Willem Petzer, het ‘n regshulpfonds vir Wilhelm gestig en betaal haar regskostes.

̶ [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer