Gustavo-borgtog: AG teken appèl aan
Fishrot-geld glo steeds in Dubai
Die staat beweer mnr. Ricardo Gustavo het die middele om uit die land te vlug, aangesien van sy medebeskuldigdes steeds op vrye voet is.
Die aanklaer-generaal Martha Imalwa appelleer teen die uitspraak van regter Herman Oosthuizen wat die Fishrot-beskuldigde mnr. Ricardo Gustavo se aansoek om borgtog toegestaan het.
Gustavo se formele aansoek is op 15 Desember in die hoërhof in Windhoek toegestaan. Hy het N$800 000 betaal en ’n lys van 16 borgtogvoorwaardes is opgelê.
Imalwa het haar appèlaansoek by die hooggeregshof ingedien en die aansoek sal in Maart aangehoor word.
Sy voer aan die aanklagte teen Gustavo is ernstig en dat dit nie in die belang van geregtigheid óf openbare belang is dat hy op borgtog vrygelaat is nie.
Die staatsaanklaer, mnr. Ed Marondedze, meen ook Gustavo, as ’n vermeende lid van ’n kriminele sindikaat, het rede en die middele om uit die land te vlug.
Volgens Marondedze het die staat ’n sterk saak teen hom en is daar ’n moontlikheid dat hy sy bates gaan verloor waarop die aanklaer-generaal reeds beslag gelê het.
Gustavo is glo tans werkloos en sommige van sy medebeskuldigdes is steeds op vrye voet, van wie die meerderheid Yslanders is. Die vermeende Fishrot-prokureur Marèn de Klerk is ook na bewering tans in Suid-Afrika en is nog nie uitgelewer nie.
Marondedze beweer hierdie persone kan vir Gustavo help om te vlug.
BAAT GLO MILJOENE Dit het verlede week tydens die borgtogaansoek van ses van Gustavo se medebeskuldigdes aan die lig gekom dat Gustavo glo nagenoeg N$21,1 miljoen uit die Fishrot-korrupsieskandaal gebaat het.
Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) se hoofinspekteur Andreas Kanyangela het ook getuig van Gustavo se betrokkenheid by Tundavala Investments, ’n maatskappy van mnr. James Hatuikulipi wat in Dubai geregistreer is en waarvan die bankrekening na bewering steeds miljoene in Fishrot-geld bevat.
Gustavo het tydens sy aansoek om borgtog gesê hy het geen kennis van die maatskappy nie, maar bewyse is verlede week gelewer dat hy glo namens Tundavala sake gedoen het.
Gustavo se borgtogvoorwaardes beperk hom hoofsaaklik tot sy huis in die Finkenstein landgoed en hy moet tans twee keer per dag by die Kapps Farm-polisiekantoor aanmeld. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie