Gustavo versoek N$1,5 m. van gevriesde bates
Mnr. Ricardo Gustavo, wat tans die enigste Fishrot-beskuldigde is wat op borgtog vry is, se stryd duur voort om toegang tot sy gevriesde bates te kry. Volgens Gustavo wil hy die geld gebruik om sy prokureurs te betaal en volgens hofstukke sal N$1,5 miljoen genoegsaam wees.
Gustavo het tydens sy aansoek om borgtog gesê hy is ’n werksgeleentheid aangebied, maar hy kon nog nie begin werk nie en daarom kan hy nie ’n inkomste genereer waarmee hy sy prokureurs kan betaal nie.
Sy regsverteenwoordigers, Brockerhoff & Associates, is glo in Januarie 2020 laas betaal.
Gustavo beweer die Fishrot-verhoor en die aanklaer-generaal se aansoek in terme van die wet op die voorkoming van georganiseerde misdaad (Poca) sal nog lank duur.
“Die Poca-aansoek bestaan uit sowat 7 000 bladsye.
“Die gesamentlike getuielys vir die strafregtelike verrigtinge beloop 324 getuies,” het hy gesê.
Volgens hofstukke wil hy nie die geld gebruik om sy lewenskostes te dek nie, maar wil dit slegs aanwend om sy regskostes te betaal.
Die aanklaer-generaal Martha Imalwa het Gustavo se aansoek teëgestaan en gesê die regskostes wat hy versoek het, is nie redelik nie.
Gustavo voer aan sy stryd om sy onskuld te bewys is nou in gevaar, aangesien hy nie sy verteenwoordiger kan bekostig nie.
Dié vorige direkteur van Investec Assest Management is op 19 November 2019 in hegtenis geneem.
AANSOEK WORD TEENGESTAAN Volgens Imalwa het Gustavo se kinders en begunstigdes nie beëdigde verklarings ingedien waarin hulle hul belange in die eiendom bekend maak waaruit die regskoste gedek moet word nie.
Gustavo het volgens haar ook versuim om bekend te maak dat hy sowat N$7,4 miljoen se belasting, asook sowat N$71 000 aan die Finkenstein Village Owners Association, skuld.
Imalwa stel dat Gustavo nie in pas met die Poca-wet opgetree het nie, omdat hy nie sy bates, of die van sy kinders of begunstigdes, bekend gemaak het nie. Sy voer aan die aansoek moet op grond daarvan van die hand gewys word.
Gustavo sê hy het geen verdere realiseerbare bates tot sy beskikking nie. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie