Hamer-moord: Verhoor uitgestel
Verhoor begin op 15 November
Die beskuldigde het na bewering sy vrou in 2020 met 'n hamer teen haar agterkop doodgeslaan.
’n Man wat daarvan beskuldig word dat hy sy vrou met ’n hamer doodgeslaan het, se saak is Dinsdag in die hoërhof in Windhoek tot later vandeesmaand uitgestel.
Mnr. Inock Nalise se verhoor moes gister begin het, maar sy regsverteenwoordiger het onttrek en die nuut aangestelde regshulpprokureur het aangedui dat hy nie gereed is om met die verhoor te begin nie.
Volgens hom is al die bewysstukke en dokumente nie aan hom oorhandig nie en het hy ook nog nie met Nalise gekonsulteer nie.
Hy het wel aangedui hy sal teen die volgende geskeduleerde verhoordatums gereed wees en die saak is gevolglik tot 15 November uitgestel.
Die staat het aangedui hulle sal slegs vier getuies roep.
AGTERGROND
Die staat beweer dat Nalise sy vrou op 30 Oktober 2020 in die informele nedersetting Okahandjapark in Windhoek vermoor het.
Hy het van die toneel gevlug, maar het homself twee dae later aan die polisie oorgegee.
Hy het na bewering sy 30-jarige vrou, me. Petra Minikonzo Nyakwambo, tydens ’n argument met ’n hamer aan die agterkant van haar kop geslaan. Sy is op die toneel dood.
Hy staan tereg op een klag van moord, saamgelees met die bepalings van die wet op huishoudelike geweld.
Ná sy inhegtenisname is Nalise borgtog geweier en hy bly in aanhouding tot sy volgende hofverskyning voor regter Christie Liebenberg.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie