Hanse-Himarwa ontken laster
Senior Swapo-lid eis duisende
Die voormalige minister van onderwys, kuns en kultuur sê sy kan nie gestraf word vir iets wat sy nie gesê het nie.
Die voormalige minister van onderwys, kuns en kultuur en ’n lid van Swapo se sentrale komitee moet voor 4 Augustus vir ’n konsepbevel vir bemiddelingverwysing aansoek doen.
Dit spruit uit ’n skadevergoedingseis wat teen me. Katrina Hanse-Himarwa ingedien is vir lasterlike uitlatings wat sy na bewering teen me. Colleen van Wyk gemaak het. Hanse-Himarwa was in 2019 in die nuus toe sy op klagte van korrupsie skuldig bevind is.
Van Wyk se eis van N$250 000 volg nadat Hanse-Himarwa verlede jaar op 25 en 26 Februarie inskrywings op Facebook gemaak het wat volgens Van Wyk sê sy val glo tussen opposisiepartye rond, sy is ’n vlêrmuis en jakkals en dat sy moet sê vir watter politieke party sy eintlik gestem het.
Die uitlatings is volgens haar “verkeerd en lasterlik” en impliseer sy is ’n oneerlike persoon, dislojaal teenoor die belange van Swapo, bedrieglik en van twyfelagtige karakter is en nie vertrou kan word nie.
In haar verweer sê Hanse-Himarwa die gesprek waaruit die beweerde lasterlike aanmerkings op Facebook gemaak is, het begin deur Van Wyk se seun wat openlik Swapo as ’n opposisieparty gekritiseer het en dit terwyl sy ma ’n senior lid van die party is.
“Aangesien sy ’n senior lid van dieselfde party as ek is, kon sy niks vir haar seun sê nie. Dit was haar seun wat die kritiek oor Swapo, sy ma se party, begin het,” sê Hanse-Himarwa se verklaring.
As lede van dieselfde party het “ons verwag die ma sal haar seun tot orde roep” wat Van Wyk glo nie gedoen het nie.
Hanse-Himarwa ontken dat sy Van Wyk ’n vlêrmuis genoem het, maar sê “vlêrmuiskind” (bat child) “was in ’n mate aangedui” en wat beteken ’n ouerige persoon tree soos ’n klein kind op.
Sy ontken ook dat sy Van Wyk oneerlik en dislojaal genoem het of gesê het dat sy nie vertrou kan word nie.
“Ek kan nie gestraf word vir iets wat ek nie gesê het nie.” – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie