FISHROT
FISHROT

Harde slag vir Fishrot-6

Appèlaansoek misluk in hooggeregshof
Waarnemende appèlregters Theo Frank, Jeremiah Shongwe en Kananelo Mosito het onlangs die betoë aangehoor en gister uitspraak gelewer.
Jemima Beukes,Tanja Bause
Jemima Beukes – Ses van die Fishrot-beskuldigdes het weer eens ’n terugslag gehad toe die hooggeregshof gister hul appèlaansoek teen die hoërhof se besluit om hul aansoek om borgtog te weier, van die hand gewys is.

Regter Shafimana Ueitele het in April verlede jaar in die hoërhof in Windhoek die voormalige minister van justisie, Sacky Shanghala, die voormalige voorsitter van die National Fishing Corporation of Namibia (Fishcor), James Hatuikulipi, die voormalige Fishcor-uitvoerende hoof, Mike Nghipunya, Pius Mwatelulo, Otneel Shuudifonya en Phillipus Mwapopi se borgtogaansoek van die hand gewys.

Lucious Murorua, een van die prokureurs wat namens die Fishrot-beskuldigdes optree, het die uitspraak as verwoestend beskryf, maar gesê dat hulle nou hul aandag op die hangende sake in die hoërhof sal vestig.

“Ons is natuurlik verpletter, maar dit is nie die einde van die pad nie en ons moet nou op die ander sake in die hoërhof konsentreer. Voor die hoofverhoor kan begin, is daar ’n paar voorverhoorverrigtinge waaraan aandag gegee moet word,” het Murorua gesê.

Waarnemende appèlregters Theo Frank, Jeremiah Shongwe en Kananelo Mosito het onlangs die betoë aangehoor en gister uitspraak gelewer.

Een van die ses gronde van appèl, was die toelaatbaarheid van getuienisse en die wyse waarop die ondersoek uitgevoer is. Die beskuldigdes het ook aangevoer dat Andreas Kanyangela, hoofondersoeker van die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC), se onsekerheid of die hokaairoeper, Johannes Stefánsson, sal kon getuig en dit moontlik die staat se saak kan verswak. Die hooggeregshof het egter beslis dat hierdie bewerings sonder meriete is.

“Nie een van die aansoekers het getuienis afgelê en onder eed ten opsigte van die geldvloei wat deur dokumentêre getuienis gestaaf is, getuig nie. Kanyangela se getuienis is nie op enige sinvolle wyse betwis nie. Dit het die staat se bewering van 'n sterk saak teen die beskuldigdes gestaaf.”

Die Fishrot-beskuldigdes het ook aangevoer dat die staat se saak teen hulle baie swak is en die weiering van borgtog sal waarskynlik daartoe lei dat onskuldige mense in die tronk sal kwyn terwyl die verhoor voortgaan.

Die hooggeregshof het egter daarop gewys dat die staat se ondersoek reeds vasgestel het dat groot bedrae in die beskuldigdes se rekeninge beland het.

“Die geldspoor word gestaaf deur die staat se dokumentêre bewyse wat uit die betrokke bankrekeninge verkry is. Mike Ngihpunya, Otneel Nandetonga Shuudifonya en Phillipus Mwapopi het onder eed getuienis gelewer om die betrokke gelde te verduidelik wat hulle en die entiteite waarin hulle belange het, ontvang het,’ lui die uitspraak.

Tydens finale betoë het die Fishrot-beskudigdes se regsverteenwoordigers aangevoer dat die getuienis daarop wys dat die staat nie 'n sterk saak teen hulle het nie, maar volgens die uitspraak het die regters beslis dat hul verduidelikings nie so oortuigend was soos deur hul verteenwoordigers aangevoer is nie.

“Soos die saak in hierdie borgtogaansoek staan, het die staat ’n prima facie-saak uitgemaak dat die betalings en die wyse waarop dit gedoen is, deel van die korrupte skema was en dat die metode van die verspreiding van sulke geld op geldwassery ('n Poca-oortreding) neerkom.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!