Heckmair-beskuldigdes ontmoet glo in NY-tronk
krisite
Volgens inligting wat vandag in die Heckmair-moordverhoor aan die lig gekom het, het die twee Amerikaners mnre. Marcus Thomas en Kevan Townsend, wat teregstaan op die moord op mnr. André Heckmair, in ’n tronk in die VSA ontmoet.
Thomas is na bewering in Augustus 2010 in hegtenis geneem nadat hy in Heckmair se woning ingebreek het. Tydens sy aanhouding in New York, het hy vir Townsend ontmoet.
Thomas het ná sy vrylating glo vir Townsend in die tronk gaan kuier, waarna hy Townsend se borgtog betaal het.
Hulle het kort daarna in Desember 2010 na Namibië gereis.
Heckmair is op 7 Januarie 2011 in sy voertuig doodgeskiet.
Sy familie beweer hy was op pad na ’n middagete-afspraak saam met twee Amerikaners.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie