Heli-ongeluk: Geen borg vir vrou
Nikanor Nangolo – ’n Vrou van Swakopmund wat van bedrog, vervalsing van ’n vlugtoetspermit en strafbare manslag aangekla is, is gister borgtog in die landdroshof in Swakopmund geweier.
Dít nadat ’n vlieënier en ’n ingenieur – Jacques Jacobs and Dirk von Weitz – verlede week in ’n helikopterongeluk op die kusdorp dood is.
Antje Gesa Nauhaus (34) het voor landdros Nelao Brown verskyn wat die saak tot 2 Oktober vir verdere ondersoeke uitgestel het.
Sy bly in aanhouding.
Nauhaus verkies om private regsverteenwoordiging te bekom.
Die staatsaanklaer, Anita Likius, het gesê die staat het borgtog teengestaan op grond daarvan dat dit nie in die openbare belang of in die belang van regspleging is om Nauhaus vry te laat nie.
“Tweedens staan die staat borgtog teen op grond daarvan dat die beskuldigde van ’n ernstige misdryf aangekla word. Die staat vrees ook dat die beskuldigde met die ondersoek sal inmeng en laastens dat die beskuldigde op die vlug kan slaan as borgtog toegestaan word,’ het Likius gesê.
Luidens ’n verslag van die Namibiese polisie het die eienaar van die Swakopmund Flying School ’n saak by die polisie aanhangig gemaak.
Nauhaus is Sondag by haar huis in Swakopmund in hegtenis geneem. Sy is van bedrog, vervalsing en uitgifte (uttering) tussen 29 Junie en 12 Julie 2023 aangekla.
Nauhaus het na bewering onregmatig en opsetlik vervalste en gewysigde sertifikate van die registrasie- en vlugtoetspermit van ’n helikopter aan Namibia Base Aviation cc wanvoorgestel.
Tydens haar arrestasie is onder meer beslag gelê op verskeie selfone, ses rekenaars, twee skootrekenaars, twee geheuestokkies, 141 logboeke en drie bokse met finansiële dokumente en fakture by haar huis en haar kantoor by Namibia Base Aviation cc nadat ’n lasbrief verkry is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie