Hengari faal in hofeis teen NWR
Verhoor duur byna vier jaar
Zelna Hengari het gefaal in die hofsaak waarin sy N$7,5 miljoen van haar voormalige werkgewer wou eis vir beweerde skade aan haar reputasie.
Die hoërhof het die voormalige uitvoerende hoof van Namibia Wildlife Resorts (NWR), Zelna Hengari, se N$7,5 miljoen eis teen NWR van die hand gewys.
Hengari het reeds in 2020 die saak aanhangig gemaak nadat die NWR ’n mediaverklaring uitgereik het in reaksie op mediaberigte dat dit na verwagting inkomste van meer as N$12 miljoen sou verloor as gevolg van 'n kansellasie van 'n gesamentlike ondernemingsooreenkoms.
Die ooreenkoms is tussen Sun Karros Lifestyle Safaris en Hengari gesluit en die mediaverklaring het Hengari daarvan beskuldig dat sy sonder magtiging of die nodige goedkeuring van die NWR se raad die ooreenkoms met Sun Karros gesluit het.
Dit was ook die grondslag van Hengari se skorsing van die NWR in 2019 nadat sy sedert 2014 as uitvoerende hoof van die NWR gedien het.
Hengari het in haar hofaansoek aangevoer dat die mediaverklaring onakkurate inligting bevat en haar naam en reputasie geskend het.
Sy voer aan die mediaverklaring, waaroor verskeie Namibiese koerante berig het, het haar as ’n oneerlike en onprofessionele mens geskets wat in onwettige aktiwiteite betrokke was.
Hengari het verder beweer sy het binne haar magte en in opdrag van NWR se direksie en die ministerie van die omgewing, toerisme en bosbou opgetree toe sy NWR in 'n openbare-private-vennootskap met Sun Karros gekontrakteer het vir die projek om luukse kampplekke op te rig.
“Die raad het die projek goedgekeur op die voorwaarde dat die ooreenkoms eers gefinaliseer moet word. Die raad het nie die sluiting van 'n ooreenkoms met Sun Karros gemagtig nie,” lui die NWR se hofstukke.
Hengari het tydens die hofverrgitinge erken dat sy, ná die goedkeuring van die ‘glamping’-projek in beginsel, die ooreenkoms onderteken het sonder om die konsepooreenkoms aan die direksie voor te lê vir oorweging of goedkeuring.
Sy het aangevoer dat die resolusie haar gemagtig het om die ooreenkoms te finaliseer.
Buiten vir die feit dat die NWR die bewerings van laster ontken het en aangevoer het dat die mediaverklaring die waarheid bevat, het dit aangevoer dat die inligting in openbare belang was.
UITSPRAAK
Regter Boas Usiku het in die hoërhof in Windhoek Hengari se aansoek van die hand gewys en beveel dat sy ook die NWR se regskostes moet betaal.
"Ek vind dus dat die verweerder [NWR] se verweer van waarheid en openbare belang slaag en die eiser [Hengari] se eis van laster word van die hand gewys,” lui sy uitspraak.
Usiku het beslis dat Hengari wel die ooreenkoms met Sun Karros gesluit het sonder die kennis, goedkeuring of magtiging van die NWR se direksie.
“In my mening het die feit dat die direksie die projek in beginsel goedgekeur het, nie vir die eiser toestemming gegee om die NWR tot enige ooreenkoms te bind nie,” het Usiku gesê.
Hy het in sy uitspraak ook daarop gewys dat hoewel nie al die inligting in die betrokke mediaverklaring akkuraat is nie, die kern daarvan waar is.
“Alhoewel die verklaring 'n onakkurate verklaring bevat tot die effek dat die eiser die huidige direksie ingelig het dat die gesamentlike ondernemingsooreenkoms deur die vorige raad goedgekeur is, is die kern van deel wat na bewering as lasterlik bestempel is, wesenlik waar,” lui die uitspraak.
Benewens die N$7,5 miljoen, het Hengari ook geëis dat die NWR ’n openbare verskoning aan haar rig in die vorm van ’n mediaverklaring wat minstens in twee nasionale koerante geplaas moes word.
–[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie