Hentiesbaai verloor sy appèl
‘Raad moet oor pad vorentoe besluit’
Die voortgesette dispuut fokus op die munisipaliteit se beëindiging van sy kontrak met RedForce vir skuldinvordering wat aanvanklik op 17 Januarie sou verstryk.
Die hoërhof in Windhoek het ’n appèlaansoek deur Hentiesbaai se munisipaliteit teen ’n beslissing wat hom tydelik verbied om sy kontrak met RedForce Debt Management te beëindig, van die hand gewys.
Die beslissing wat deur regter Anne-Doris Hans-Kaumbi gelewer is, het die vroeëre beslissing bekragtig dat RedForce se kontrak geldig bly hangende die oplossing van die voortslepende dispuut.
Nie net is die appèlaansoek van die hand gewys nie, maar die munisipaliteit is ook beveel om RedForce se regskoste te betaal. Die munisipaliteit en sy waarnemende uitvoerende hoof, Ignasia Neis, het verlof tot appèl gevra teen die uitspraak wat op 11 November 2024 gelewer is, wat die raad verbied het om die kontrak eensydig te beëindig.
In die jongste uitspraak het die hof egter bevind dat die munisipaliteit se appèl nie gebaseer is op ’n bevel waarteen daar appèl aangeteken kan word nie en het die aansoek gevolglik van die hand gewys.
Hans-Kaumbi het verduidelik die hoërhof het nie ’n finale beslissing uitgereik wat die partye se regte bepaal het nie, wat die bevel nie vir appèl geskik maak nie.
Sy het beklemtoon dat die dispuut oop bly en steeds behoorlike beregting moet ondergaan.
Die hof het verder bepaal dat die munisipaliteit versuim het om voldoende regsgronde vir ’n appèl te verskaf en beklemtoon ddie gepaste optrede sou wees om enige onduidelikhede in die vroeëre uitspraak uit te klaar.
DISPUUT
Die voortgesette dispuut fokus op die munisipaliteit se beëindiging van sy kontrak met RedForce vir skuldinvordering wat aanvanklik op 17 Januarie sou verstryk.
RedForce het egter volgehou dat ’n klousule vir ’n oorgangstydperk in die ooreenkoms die maatskappy die reg gee om sy skuldinvorderingsdienste op ’n nie-eksklusiewe basis voort te sit vir 12 maande nadat die kontrak verstryk het.
Die munisipaliteit het op sy beurt egter gesê die kontrak is ongeldig weens die feit dat dit buite die aangewese tydperk van 30 dae onderteken is, wat ingevolge ’n artikel van die verkrygingswet voorgeskryf word.
Ten spyte hiervan het RedForce suksesvol ’n tydelike hofbevel gekry wat die beëindiging verbied het en wat in die jongste beslissing gehandhaaf is.
RedForce beweer hy het meer as N$43 miljoen se uitstaande munisipale skuld suksesvol ingevorder sedert sy kontrak in Februarie 2022 begin het.
Die maatskappy het die munisipaliteit ook daarvan beskuldig dat hy nie sy rekeninge vir dienste wat in November en Desember verlede jaar gelewer is, vereffen het nie.
RedForce het onmiddellik regstappe geneem nadat die munisipaliteit op 31 Januarie vanjaar ’n openbare kennisgewing uitgereik het waarin hy amptelik die beëindiging van die kontrak aankondig. Die maatskappy se regsverteenwoordigers het daarop gewys dat die kennisgewing “misleidend en bedrieglik” was, aangesien dit nie die kontraktuele oorgangsperiode erken nie.
Volgens RedForce het die munisipaliteit ’n wanvoorstelling van die situasie gegee om sy optrede te regverdig.
Die maatskappy het aangevoer die openbare kennisgewing wat in Januarie uitgereik is, het misleidende inligting bevat deur inwoners en besighede opdrag te gee om nie met RedForce in gesprek te tree oor uitstaande munisipale betalings nie, ten spyte daarvan dat die kontrak steeds wetlik van krag is.
Die maatskappy het verder op die onmiddellike toegang tot finansiële rekords aangedring, insluitend die Februarie-ouderdomsontleding en die Januarie-betalingslêer. Dit was om met sy skuldinvordering, soos in ooreenstemming met die kontraktuele voorwaardes, voort te gaan.
KONTRAK
Dit was nie die eerste keer dat die twee partye mekaar in die hof ontmoet het nie.
Die aanvanklike regstryd het in September 2024 begin toe Redforce die eerste keer oor die beëindiging van sy kontrak in kennis gestel is.
Die maatskappy het suksesvol aangevoer dat hy nie die geleentheid gegun is om sy saak te stel voor die besluit afgedwing is nie.
Die munisipaliteit het toe ses redes vir die beëindiging gegee, wat bewerings van onderprestasie insluit. RedForce het egter dié bewering weerlê en verwys na sy sukses om N$43 miljoen se skuld in te vorder.
Toe die munisipaliteit om kommentaar genader is oor of hy ’n appèl in die hooggeregshof gaan bring of by die kontraktuele meganisme om ’n dispuut te besleg, wat arbitrasie kan insluit, het burgemeester Lewies Vermaak gesê die raad sal sy regsposisie hersien.
“Die hele raad moet nou vergader en besluit oor die pad vorentoe,” het hy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie