• Tuisblad
  • Howe
  • Hinda-Mbuende, Amupanda se lastersaak nader einde

Hinda-Mbuende, Amupanda se lastersaak nader einde

Uitspraak geskeduleer vir Augustus
Die lastersaak wat Maureen Hinda-Mbuende drie jaar gelede teen Job Amupanda aanhangig gemaak het, het Maandag in die hoërhof in Windhoek voortgeduur.
Rita Kakelo
Die adjunkminister van finansies en staatsondernemings, Maureen Hinda-Mbuende, het beweer dat dr. Job Amupanda in ’n reeks Facebook- en Twitter-plasings (nou bekend as X) geïmpliseer het dat sy losbandig is en dat dit haar as iemand met twyfelagtige morele waardes uitgebeeld het.

Afgesien van die aanvanklike plasing op Amupanda se sosialemediaplatforms in Julie 2021 – wat haar glo as ’n gewelddadige Damara-vrou uitgebeeld het – het haar regsverteenwoordiger tydens haar slotbetoë ook verwys na verskeie daaropvolgende plasings wat Hinda glo in ’n slegte lig geplaas het.

Een van hierdie plasings wat Amupanda in Januarie 2022 op Facebook geplaas het met die opskrif “The consequences of rejecting the sugar from the mommy”, met ’n artikel van Republikein se susterkoerant Namibian Sun wat lui “Hinda sues Amupanda vir N$1 million”.

Amupanda het op dieselfde dag op Twitter ’n artikel van die Windhoek Observer oor dieselfde aangeleentheid hertwiet, met die onderskrif “January Hunger Games osanika osponga”, wat losweg vertaal word na “Dit is gevaarlik”.

Volgens Hinda het Amupanda die volgende dag ’n plasing deur die Namibian Sun hertwiet wat lui: “Die adjunkminister van finansies het ’n probleem gehad met ’n Facebook-plasing deur die destydse burgemeester, wat gister aan die Namibian Sun gesê het die minister is kwaad omdat hy haar toenadering tydens sy dae in Swapo verwerp het”.

Hy het die plasing gedeel met die volgende woorde, “Etondo lyaantu lyaNehale is nie te koop nie”, wat vertaal kan word na “my balle is nie te koop nie”.

Hierdie Facebook- en X-plasings is gemaak twee maande nadat Hinda regstappe teen Amupanda begin het. Sy beweer hulle het aan die publiek en sy groot aantal volgelinge op sosiale media geïmpliseer dat sy onbetroubaar was en probeer het om seks te koop.

AMUPANDA SE KANT

In sy finale betoë beweer Amupanda dat Hinda-Mbuende nie ’n saak van laster teen hom bewys het nie.

Hy het aangevoer dat die getuienis van Vitalio Angula, wat ter ondersteuning van haar getuig het, meestal uit hoorsê-bewyse en sy persoonlike mening bestaan het.

Hy het verder aangevoer dat Angula se getuienis onbetroubaar was weens sy vooroordeel teen Amupanda, nadat hy verskeie negatiewe artikels oor hom geskryf het.

Amupanda het verder die getuienis van nog een van Hinda-Mbuende se getuies, Ute Sinkala, onder die loep gebring. Hy meen haar stellings was slegs ongegonde menings met min waarde.

Hinda-Mbuende het drie getuies deur die loop van die verhoor geroep, insluitend haarself. Amupanda het ook tydens die verhoor die getuiebank ingeneem.

Die uitspraak is vir 15 Augustus geskeduleer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: New Zealand 33 vs 13 Australia Premier League: Arsenal 4 vs 2 Leicester City | Chelsea 4 vs 2 Brighton | Nottingham Forest 0 vs 1 Fulham | Brentford 1 vs 1 West Ham | Everton 2 vs 1 Crystal Palace | Newcastle 1 vs 1 Manchester City LaLiga: Rayo Vallecano 1 vs 1 Leganés | Getafe 2 vs 0 Deportivo Alaves | Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: Udinese 2 vs 3 Inter Milan | AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A