Moordbeskuldigde, mnr. Karl Eichhoff. Foto Argief.
Moordbeskuldigde, mnr. Karl Eichhoff. Foto Argief.

Hochfeld-boer se moordverhoor sloer

Reeds nege jaar later
Die man wat na bewering 'n ma op sy pa se plaas doodgeskiet en in 'n erdvarkgat begrawe het, se verhoor is tot September uitgestel.
Kristien Kruger
’n Hochfeld-boer wat nege jaar gelede na bewering ’n man op sy pa se plaas naby Okahandja doodgeskiet het, se verhoor is steeds nie afgehandel nie.

Die moordbeskuldigde, mnr. Karl Eichhoff, se saak is Dinsdag in die Windhoekse streekhof tot 16 September uitgestel vir die skedulering van verdere verhoordatums.

Hy is op 10 Oktober 2013 in hegtenis geneem en is in November 2015 borgtog van N$30 000 toegestaan. Hy is steeds vry op borgtog.

Eichhoff het na bewering vier honde op die plaas gesien en op hulle geskiet.

Hy het twee van die honde doodgeskiet en toe hy nader kom, het hy die liggaam van die 51-jarige mnr. Cornelius Slinger glo vir die eerste keer gesien. Slinger het na bewering onder ’n bos gelê.

Eichhoff het Slinger se liggaam glo saam met die twee dooie honde in ’n erdvarkgat begrawe.

Slinger se lyk is twee dae later gevind en volgens die nadoodse ondersoek is hy weens bloedverlies dood. Hy is in sy regterbeen geskiet.

Eichhoff het aan die begin van sy verhoor – in Junie 2017 – onskuldig gepleit op ’n klag van moord, en skuld beken op die klag van regsverydeling.

Sy verhoor sou in Maart vanjaar hervat maar die regter wat die saak aanvanklik aangehoor het, het die regbank verlaat.

Die saak is in Maart na vandeesmaand uitgestel aangesien landdros Leopold Hangalo reeds betrokke was by ander sake wat reeds aan die gang was en nie met die verhoor kon begin nie.

Die saak is Dinsdag tot 16 September uitgestel omdat sy regsverteenwoordiger, mnr. Louis Botes, glo siek is en nie vir die volgende twee maande beskikbaar sal wees nie.

̶ [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!