Hoërhof baan weg vir LGBTQ-regte
‘n Regspan is druk besig om ’n appèl vir die hooggeregshof voor te berei wat baie hoop sal lei tot die geskiedkundige tersydestelling van ‘n 20 jaar oue uitspraak wat die regering lank as maatstaf gebruik om die erkenning van selfdegeslaghuwelike ingevolge die immigrasiewet te weier.
Die appèl volg ná drie hoërhofregters vroeër vandeesmaand aansoeke van twee Namibiërs en hul nie-Namibiese selfdegeslag-eggenote – wat al jare lank ’n stryd voer om dieselfde verblyfregte te kry as heteroseksuele buitelanders wat met Namibiërs getroud is – van die hand gewys het.
Hul aansoeke is van die hand gewys, aangesien die hof gemeen het hulle is wetlik verbind tot ’n 2001-uitspraak van die hooggeregshof – waarna algemeen as die “Frank-saak” verwys word – wat beslis het mense in selfdegeslagverhoudings in Namibië het ingevolge die immigrasiewet nie dieselfde regte as hul heteroseksuele eweknieë nie.
Nietemin het die regters eenparig ‘n uitspraak uitgereik waarin hulle die gebrek aan grondwetlike beskerming teen diskriminasie vir gay, lesbiese, trans en queer Namibiërs veroordeel. Baie glo die uitspraak is só uiteengesit om te help om die vooruitsigte van ‘n suksesvolle hooggeregshof-appèl te bevorder.
“Die regte van gay en lesbiese individue is nog nooit tevore so sterk erken nie,” het me. Dianne Hubbard van die Regshulpsentrum (LAC) onlangs gesê ná ‘n studie van die uitspraak.
Die menseregteprokureur me. Michaela Clayton het verduidelik hoewel die hof nie onmiddellike verligting aan die betrokke paartjies kon verskaf nie, “stel die uitspraak oortuigende redes waarom die hooggeregshof sy beslissing in die Frank-saak moet omkeer”.
ERKENNING “Die hooggeregshof word nie verplig om die hoërhof se verduideliking te volg nie, maar in die proses om tot sy eie besluit te kom, sal hy heel waarskynlik die standpunte van die drie regters wat ’n eenparige besluit geneem het, ernstig oorweeg,” het Hubbard opgemerk.
Sy het gesê ‘n hersiening van die Frank-uitspraak het op die regte tyd gekom en die hoërhof was reg om “baie problematiese kwessies in dié uitspraak uit te wys."
Die Suider-Afrikaanse Litigasiesentrum (SALC) het onlangs beklemtoon die hoërhof se uitspraak kom neer op ‘n duidelike vervolging van “Frank”.
Die hof het bevind dis “verkeerd, verouderd en moet verander word, en het ‘n dringende beroep op die hooggeregshof gedoen om die verandering aan te bring. Die hoërhof het die regte van homoseksuele paartjies erken al kon hy nie die verandering bewerkstellig nie”.
Me. Anna Mmolai-Chalmers, die SALC se programbestuurder, het gesê die uitspraak “gee die applikante hoop, aangesien hulle van plan is om die hoërhof te nader”.
PAD VORENTOE Sodra die appèl ingedien is, sal die hooggeregshof twee sake hanteer wat verband hou met LGBTQ-gelykheid en -regte.
In die burgerskapsaak van Oktober verlede jaar waarin ‘n Namibiese pa en sy Mexikaans-gebore man suksesvol was in hul stryd om burgerskap deur herkoms vir hul seun – wat deur surrogaatskap gebore is – te verseker, het hoërhofregter Thomas Masuku beklemtoon Namibië se Grondwet is van toepassing op alle Namibiërs “ongeag van kleur, geslag, seksuele oriëntasie. . .”
Hubbard het gesê beide sake wys dat die Namibiese howe “begin erken dat die beginsels van die Namibiese Grondwet op almal van toepassing is, ongeag seksuele oriëntasie.”
Mnr. Omar van Reenen, ’n kampvegter vir gelyke regte, het gesê die gemeenskap is “vol vertroue die hooggeregshof sal die onreg regstel wat in die Frank-saak gedoen is, wat basies nie LGBTQ-mense en hul regte erken nie”. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie