Hoërhof verwelkom binnekort nuwe regters

Aanstellings effektief vanaf Apri
Dis ook aangekondig dat regter George Coleman vir nog 'n jaar as regter sal dien ná die besluit om sy aftreedatum uit te stel.
Kristien Kruger
Die Regsdienskommissie het Donderdag aangekondig dat die president twee nuwe regters van die hoërhof aangewys het.

Buiten vir David Munsu en Duard Kesslau se aanstellings as regters, is Philanda Christiaan as waarnemende regter aangestel.

Die huidige regter van die hoërhof, George Coleman, se aftrede is met een jaar uitgestel ingevolge die besluit om sy aftree-ouderdom tot 66 uit te stel.

NUWE REGTERS

David Munsu sal vanaf 1 April as regter van die hoërhof dien. Munsu het sy LL.B-graad in 2008 van die Universiteit van Namibië (Unam) verwerf.

Sedertdien is Munsu reeds sowat 10 jaar in die regte betrokke en het tevore as ’n landdros gedien. Hy het vanaf 25 Januarie 2021 tot 30 Junie 2021 en weer vanaf 31 Maart 2023 tot hede as waarnemende regter in die hoërhof gedien.

Munsu is ’n produk van die Aspirant Regters Opleidingsprogram, ’n intensiewe program wat deur die Namibiese Regbank ontwikkel is, gemik op die opleiding van persone wat streef na aanstelling in hoë regterlike ampte.

• Duard Kesslau sal ook vanaf 1 April 2023 as regter in die hoërhof dien. Sy regsloopbaan strek oor sowat 20 jaar as ’n landdros en as waarnemende regter van die hoërhof.

Hy was waarnemende regter vir die tydperke 15 Januarie 2022 tot 15 Julie 2022, asook vanaf 31 Maart 2023 tot op hede.

Kesslau het sy LL.B.-graad in 1998 by die Universiteit van Vrystaat verwerf.

WAARNEMENDE REGTER

Philanda Christiaan is aangestel as ’n waarnemende regter van die hoërhof vir die tydperk vanaf 1 April 2023 tot 31 Maart 2024.

Christiaan het tevore vir kort tydperke as waarnemende regter opgetree. Die vorige tydperke was 1 November 2016 tot 31 Desember 2016; 1 Februarie 2017 tot 28 Februarie 2017; en 1 September 2022 tot 9 Desember 2022. Sy dien sedert September 2009 as hooflanddros.

VERLENGING VAN AFTREE-OUDERDOM

Regter George Coleman dien sedert 1 Januarie 2022 as regter van die hoërhof. Hy sou op 31 Januarie 2023 op die ouderdom van 65 aftree, maar sy aftreedatum is met een jaar uitgestel.

Die verlenging is ingestel met die doel om die hoërhof in staat te stel om sy werkslading spoedig en doeltreffend te hanteer, sê die Regsdienskommissie in ’n verklaring.

“Die Regsdienskommissie wens Coleman, Munsu, Kesslau en Christiaan geluk met hul aanstellings en wens hulle sterkte toe in die uitvoering van hul moeilike take om geregtigheid vir almal te lewer.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!