Hof beboet staat vir aanranding

Man geskop tydens polisieondervraging
Kristien Kruger
Kristien Kruger

Die regering moet N$50 000 aan ’n inwoner van die Kunenestreek betaal ná polisiebeamptes hom aangerand het.

So het die hoërhof in Windhoek verlede week beslis.

Mnr. Collin Uamanajo Kasupi het aanvanklik skadevergoeding van N$2 miljoen van die regering geëis vir die onwettige aanranding wat hy tydens ’n polisieondervraging moes verduur.

Die polisie het Kasupi op 7 Mei 2020 ondervra in verband met ’n renoster wat in die bewaringspark waar hy gewerk het, gestroop en se horing afgekap is. Kasupi het beweer hy is tydens dié ondervraging aangerand.

Volgens sy eisbesonderhede het agt mans in gewone klere en in ’n polisievoertuig by sy huis in Puros aangekom. Een van die mans het homself as ’n polisiebeampte van Windhoek voorgestel.

Kasupi het erken hy het voorgestel dat hulle die ondervraging in ’n rivierbedding sowat 2 km van sy huis moet doen.

AANRANDING

“Die eiser [Kasupi] het getuig hy is geboei en die mans het gesê hy sal doodgemaak word omdat hy ’n renoster gestroop het,” lui die uitspraak.

Volgens Kasupi het hulle hom verskeie kere geskop en ’n plastieksak oor sy kop getrek om hom te versmoor.

“Hy het getuig dat die sak herhaaldelik vir ’n paar sekondes oor sy kop gesit is en dat dit ongeveer ses of sewe keer gebeur het.”

UITSPRAAK

Regter Thomas Masuku het bevind Kasupi was ’n geloofwaardige getuie.

“Hy het ook die toets van betroubaarheid geslaag aangesien sy getuienis konsekwent was en waar hy foute gemaak het, het hy die hof behoorlik daaroor ingelig. Ek is oortuig hy was opreg en eerlik met die hof,” het Masuku in sy uitspraak gesê.

Masuku het ook daarop gewys dat Kasupi emosioneel geraak het toe hy die gebeure van daardie dag moes herleef.

“Kasupi het daarin geslaag om vas te stel dat hy pyn en lyding ervaar het. Hy het selfs so ver gegaan as om ’n strafsaak te gaan open en mediese ondersoeke te kry.”

Masuku meen verder dat die regering se getuies nie altyd geloofwaardig was nie.

Die hof het beveel dat die regering N$50 000 aan Kasupi moet betaal met 20%-rente per jaar op dié bedrag. Die regering is ook beveel om Kasupi se regkostes te dek.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!