Hof besluit binnekort oor Maree se bekentenis
Hoewel die publiek nie toegelaat word om die hofverrigtinge van die vermeende pedofiel, Johann Maree, by te woon nie, is inligting van die hof ontvang dat ’n binneverhoor vandeesweek afgehandel is.
Die binneverhoor handel oor die toelaatbaarheid van ’n bekentenis wat Maree glo afgelê het ná sy arrestasie in April 2020. Hy beweer nou dat hy die bekentenis onder dwang afgelê het.
Tydens Maree se aansoek om borgtog sowat drie jaar gelede, het die staatsaanklaer, Like Phelem, dele van dié bekentenis in die landdroshof in Windhoek voorgelees.
Maree het daarin skuld erken en verduidelik wat hy aan elkeen van die minderjarige slagoffers gedoen het. Hy het ook destyds die bekentenis onderteken.
Hy het wel reeds tydens hierdie borgtogverrigtinge aangevoer dat hy gedwing was om die bekentenis af te lê.
Volgens ’n hofklerk is die binneverhoor Maandag afgehandel en is die saak tot 4 Oktober uitgestel vir die lewering van die uitspraak. Die hof sal beslis of die bekentenis tydens die verhoor as bewysstuk toegelaat sal word.
AGTERGROND
Maree word daarvan beskuldig dat hy tientalle minderjarige seuns in Windhoek verkrag en seksueel misbruik het. Hy het na bewering ook kinderpornografie vervaardig en dit op die donker web versprei.
Ingevolge die hof se instruksie, mag die publiek en media nie die verhoor bywoon nie om sodoende die identiteit van die slagoffers te beskerm.
Maree se verhoor word deur die hoërhof in Windhoek hanteer en deur regter Philanda Christiaan aangehoor.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie