Hof gooi Nabta-saak uit
Uitvoerende komitee nie wettig aangestel
Die hoërhof in Windhoek het vandeesweek beide aansoeke van twee faksies binne Nabta van die hand gewys.
Die hofgeskil tussen twee leierskapstrukture binne die Namibiese Bus- en Taxivereniging (Nabta) het Dinsdag tot ’n einde gekom met albei aansoeke wat misluk het.
Die saak het ontstaan toe Pendapala Nakathingo ’n interdik teen die respondente, naamlik Lazarus Mhata, Martin Kennedy en Vespa Muunda, versoek het wat hulle verbied het om namens Nabta op te tree, sy briefhoof te gebruik en met sy bedrywighede in te meng.
Regter Beatrix de Jager het bevind dat Nakathingo, wat die aansoek gebring het, nie gemagtig was om namens Nabta op te tree nie en het gevolglik die aansoek van die hoërhof se rol geskrap.
De Jager het ook bevind Nabta se uitvoerende komitee, wat in 2013 verkies is, het geen magtiging gehad om vanaf 2018 met hul pligte voort te gaan nie omdat die komiteelede se termyn van vyf jaar toe reeds verstryk het.
“Nabta se grondwet maak nie voorsiening dat die uitvoerende komiteelede se ampstermyn outomaties ná die vyfjaartydperk voortduur nie.
“Die komitee se magte spruit uit Nabta se grondwet wat uitdruklik bepaal dat hul ampstermyn vir vyf jaar sal duur.
“Nabta se grondwet stel nie, uitdruklik of by implikasie, dat die komiteelede se ampstermyn ná die einde van die vyfjaartydperk sal voortduur totdat ’n nuwe komitee aangestel is nie,” lui De Jager se uitspraak.
Sy het verder bevind dat Nakathingo in sy hofaansoek gesteun het op ’n resolusie wat deur hierdie komitee aanvaar is. Die ongeldigheid van die komitee maak dus die resolusie ongeldig en op sy beurt die aansoek in geheel. Die aansoek is op grond daarvan van die rol geskrap.
TEENAANSOEK
In reaksie op die hofaansoek deur Nakathingo, het Mhata, Kennedy en Muunda ’n teenaansoek gebring waarin hulle beweer hulle is die wettige uitvoerende komiteelede wat verkies is op ’n kongres wat op 18 Februarie 2022 gehou is.
Die hof het egter bevind dat die kongres van 18 Februarie 2022 onder die vaandel van ’n Task Action Work Team (TAWT) belê is, wat geen grondwetlike gesag gehad het om so ’n vergadering te reël nie.
“Toe die TAWT in Augustus 2020 tot stand gekom het, was daar geen uitvoerende komitee wat dit kon aanstel nie. Die TAWT was dus nie behoorlik saamgestel nie.
“Die kennisgewings waarop die respondente staatgemaak het, wat alle Nabta-lede na die kongres van 18 Februarie 2022 genooi het, is onder die TAWT uitgevoer,” lui die uitspraak, wat op grond daarvan bevind het dat die leierskapstruktuur wat by die kongres gevorm is, geen wetlike bevoegdheid gehad het nie.
Die teenaansoek is dus van die hand gewys.
UITSPRAAK
De Jager het in haar uitspraak beslis dat die uitvoerende komitee van 2013 geen magtiging gehad het om ná 2018 namens Nabta op te tree nie en Nakathingo het geen regsgronde gehad om die hofaansoek teen Mhata, Kennedy en Muunda te bring nie.
Sy het ook bevind dat die TAWT, wat die kongres op 18 Februarie 2022 georganiseer het, nie behoorlik ingevolge Nabta se grondwet saamgestel is nie en kon die uitvoerende komitee wat dit na bewering verkies het, nie as geldig beskou word nie.
Sy het gelas dat die hoofaansoek van die rol geskrap word en sy het die teenaansoek van die hand gewys. Geen kostebevel is teen enige van die partye gemaak nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie