Hof kanselleer mediese tender van N$1,3 miljard
“Die [Verkrygings-]raad het versuim om te voldoen aan die grondwetlike verpligting van prosedurele billikheid.”
So het regter Shafimane Ueitele gesê in die uitspraak waarin ’n tender van N$1,3 miljard vir die verskaffing van medisyne aan die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste tersyde gestel is.
Ueitele se uitspraak en kommentaar teenoor die Sentrale Verkrygingsraad hou verband met ’n aansoek om heroorweging wat ná die toekenning van die betrokke tender gebring is en ’n verandering aan die toekenning tot gevolg gehad het.
Die applikant in die saak, Africure Pharmaceutical Namibia, se toekenning was aanvanklik N$123 miljoen en die respondent, Cospharm Investments, is van die tenderproses gediskwalifiseer.
Nadat Cospharm egter ’n aansoek om heroorweging ingedien het, is hy sowat N$1,3 miljard toegeken en Africure se toekenning is tot N$45 miljoen verminder.
Africure het aangevoer dat die maatskappy nie ’n geleentheid gegun is om vertoë te lewer tydens Cospharm se heroorwegingsaansoek nie.
Ueitele het bevind die raad het ’n verpligting en die plig gehad om Africure ’n geleentheid te bied om aangehoor te word voor enige besluit geneem is wat ’n uitwerking op Africure sou hê.
“Die raad se versuim om die applikant [Cospharm] in te lig en hom ’n geleentheid te bied om aangehoor te word ten opsigte van heroorwegingsaansoeke, kom neer op ’n versuim om te voldoen aan die prosedurele billikheidsverpligtinge, soos uiteengesit in artikel 18 van die Grondwet. Dit maak dus die heroorwegingsoefening ongeldig en moet daarom tersyde gestel word.”
RAAD ONTKEN SKULD
Die uitspraak volg nadat die waarnemende uitvoerende hoof van die raad, Amon Ngavetene, verlede week ontken het dat die verkrygingsprosedures die rede is waarom openbare gesondheidsfasiliteite al vir etlike jare reusetekorte aan medisyne ervaar.
Dit ondanks die jongste ouditverslag vir die ministerie se 2022-boekjaar. Daarvolgens is N$23 miljoen se noodaankope vir farmaseutiese produkte glo nog uitstaande nadat die ministerie sedert 2017 op die raad wag om die verkrygingsproses te finaliseer.
Volgens die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het die situasie die afgelope jare gelei tot voortdurende medisynetekorte wat die lewens van pasiënte in gevaar stel.
Dit het ook verlede week aan die lig gekom dat dokters en verpleegsters by die Oshakati-staatshospitaal pasiënte met geestesversteurings verdoof om hulself te beskerm. Dit glo weens ’n ernstige tekort aan psigotropiese medikasie, wat die hospitaal nou al maande laas ontvang het.
Ngavetene het wel verseker dat in gevalle waar gesondheidsverkrygings uitgedaag word – by ’n hersieningspaneel of by die hoërhof – kom die ministerie en die raad glo altyd met regstellende stappe vorendag wat die ministerie dan toelaat om korttermynverkrygings te doen, om te voorkom dat hospitale nie noodsaaklike medisyne in voorraad het nie.
HOFAANSOEK
Nadat Cospharm die aansoek om heroorweging van die tendertoekenning ingedien het en Africure se toekenning na N$45 miljoen verminder is, het Africure in Augustus verlede jaar ’n dringende aansoek by die hoërhof ingedien.
Africure het ’n bevel gekry wat die raad verbied het om enige verkrygingskontrak te implementeer hangende die uitkoms van ’n aansoek wat Africure by die hersieningspaneel ingedien het. Die hersieningspaneel het egter Africure se aansoek van die hand gewys.
Africure het die hof in September op ’n dringende basis genader en ’n tussentydse interdik is toegestaan wat die implementering van die tender weer eens gestuit het, dié keer hangende die uitkoms van Africure se aansoek om hersiening by die hoërhof.
In hierdie aansoek het Africure bevraagteken of ’n party, wat ’n deelnemer aan ’n tenderproses is, daarop geregtig is om ingelig te word van sy mededingende deelnemer se aansoek om heroorweging en of hy ’n geleentheid gegun moet word om vertoë met betrekking tot die heroorwegingsaansoek te rig.
Dit is dié hersieningsaansoek waaroor Ueitele Vrydag uitspraak gelewer het.
UITSPRAAK
“Die waardes en beginsels wat in die Grondwet vervat is, vereis van openbare entiteite soos die raad, om op ’n wyse op te tree wat aanspreeklikheid, deursigtigheid en regverdigheid bevorder,” het Ueitele in sy uitspraak gesê en bygevoeg dat billikheid in hierdie prosedures van deurslaggewende belang is.
“Dit is nie net belangrik vir die beskerming van burgers se regte nie, maar ook om vertroue in die openbare administrasie en in ons deelnemende demokrasie te fasiliteer.”
Ueitele het verder beveel dat Cospharm en die verkrygingsraad Africure se regskostes moet betaal.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie