• Tuisblad
  • Howe
  • Hof sê skool moet N$9,4 miljoen terugbetaal

Hof sê skool moet N$9,4 miljoen terugbetaal

Spruit uit ’n onbetaalde lening van 2015
Bruni & Mclaren-likwidateurs het geslaag in hulle hofaansoek teen Tanben College.
Kristien Kruger
Die hoërhof in Windhoek het verlede week beveel dat ’n Windhoekse privaatskool sowat N$9,4 miljoen moet opdok vir ’n lening van 2015 wat dit glo nie terugbetaal het nie.

Die likwidateurs, David Bruni en Ian McLaren, het in hul kapasiteit as die likwidateurs van SME Bank, vir Tanben College hof toe gesleep om die geleende geld terug te kry.

Regter Beatrix de Jager het Woensdag uitspraak gelewer en bevind dat Bruni en McLaren daarin geslaag het om te bewys dat die geld wel aan SME Bank verskuldig is.

BETOË

SME Bank het betalings geëis vir geld wat dit aan die skool geleen het kragtens ’n skriftelike leningsooreenkoms. Die skool het glo nie voldoen aan sy terugbetalingsverpligtinge en SME Bank het op ’n sertifikaat van skulderkening staatgemaak in sy hofaansoek teen die skool.

In reaksie op die saak, het die skool aangevoer dat die leningsooreenkoms nie afdwingbaar was nie weens ’n opskortende voorwaarde (suspensive condition) wat glo nie nagekom is nie.

Die skool het ook aangevoer dat Bruni en McLaren onseker was oor die bedrag wat na bewering aan hulle verskuldig is en dat hulle geen bewyse gehad het van hoe hulle by die bedrag uitgekom het nie.

UITSPRAAK

De Jager het in haar uitspraak daarop gewys dat die onus om die skuld te bewys op die eiser, Bruni en McLaren, rus en dat die sertifikaat van skulderkenning slegs prima facie-bewyse is.

“Sonder verdere bewyse van die verweerders (Tanben College), word die prima facie-bewyse egter voldoende,” het sy opgemerk.

Sy het bevind dat die skool se “vae bewerings” nie genoeg was om as grondslag te dien vir die skool se ontkenning van die skuld nie.

“Die verweerders het versuim om enige feitelike basis te verskaf waarop hulle die bedrag betwis het, hulle het versuim om bewyse te verskaf om die sertifikaat te weerlê en vermoedens dat die bedrag nie korrek bereken is nie, is onvoldoende.”

Ten opsigte van die skool se verweer dat die ooreenkoms nie afdwingbaar is nie, het De Jager beslis dat hulle nie dié kwessie in die voorverhoorbevel ingesluit het nie en sy dus nie daaroor sal beslis nie.

“Die hof weier op grond daarvan om die kwessie te bereg,” lui die uitspraak.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-02-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 18° | 31° Rundu: 19° | 34° Eenhana: 19° | 34° Oshakati: 22° | 32° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 32° Otjiwarongo: 18° | 31° Omaruru: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 19° | 32° Henties Bay: 17° | 22° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:31, High tide: 02:32, Low Tide: 20:47, High tide: 14:45 Swakopmund: 17° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:29, High tide: 02:30, Low Tide: 20:45, High tide: 14:43 Walvis Bay: 17° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:29, High tide: 02:29, Low Tide: 20:45, High tide: 14:42 Rehoboth: 22° | 33° Mariental: 26° | 37° Keetmanshoop: 26° | 37° Aranos: 25° | 35° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 24° | 38° Oranjemund: 15° | 26° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 19° | 28° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 17° | 20° Maseru: 15° | 25° Antananarivo: 17° | 27° Lilongwe: 19° | 27° Maputo: 23° | 28° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 20° | 21° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 19° | 24° Harare: 18° | 25° #REF! #REF!