Die dubbele moordbeskuldigde, mnr. Ernst Lichtenstrasser, gister in die hoërhof in Windhoek. Foto Kristien Kruger
Die dubbele moordbeskuldigde, mnr. Ernst Lichtenstrasser, gister in die hoërhof in Windhoek. Foto Kristien Kruger

Hof sê bekentenis is toelaatbaar

Lichtenstrasser-saak: Uitspraak in binneverhoor
Die dubbele moordbeskuldigde, mnr. Ernst Lichtenstrasser, se poging om 'n bekentenis – wat hy in 2019 afgelê het – as ontoelaatbaar in die hof te laat verklaar, het gefaal.
Kristien Kruger
“Die staat het sy saak gestaaf deur te bewys dat die beskuldigde afstand gedoen het van sy reg op ’n prokureur voordat hy die skulderkenning afgelê het.”

So lui die uitspraak in die binneverhoor oor die toelaatbaarheid van ’n bekentenis waarin die dubbele moordbeskuldigde, mnr. Ernst Lichtenstrasser, glo erken dat hy die direkteur en adjunkdirekteur van die Namibiese Instituut vir Mynbou en Tegnologie (Nimt), mnre. Eckhart Mueller en Heimo Hellwig, in April 2019 in Arandis doodgeskiet het.

Regter Christie Liebenberg het gister die uitspraak in die hoërhof in Windhoek gelewer.

Die inhoud van die bekentenis is nog nie bekend gemaak nie, maar sal na verwagting binnekort tydens die verhoor aan die lig kom.

Die verhoor was geskeduleer om na die uitspraak te hervat, maar Lichtenstrasser het by monde van sy regsverteenwoordiger, Albert Titus, versoek dat die verhoor na vandag uitgestel word om met hom te konsulteer.

UITSPRAAK

Die bekentenis is op 15 Mei 2019 afgelê in die teenwoordigheid van die ondersoekspan wat die saak destyds behartig het.

Lichtenstrasser het aangevoer hy was sedert sy inhegtenisname nie toegelaat om sy prokureur te kontak nie, maar Liebenberg se uitspraak benadruk dat Lichtenstrasser getuig het dat hy sy regte ten volle verstaan het voordat hy die bekentenis afgelê het.

Liebenberg het verder beslis hy het vrywilliglik die bekentenis afgelê.

Volgens die uitspraak het Lichtenstrasser nooit uitdruklik gesê hy wil nie ’n prokureur teenwoordig hê nie, maar deur sy optrede het hy onvoorwaardelik daardie reg (waarvan hy ten volle bewus was) van die hand gewys.

Liebenberg se uitspraak was drievoudig en buiten vir die toelaatbaarheid van die bekentenis, het hy ook beslis dat Lichtenstrasser met ’n gesonde en nugter verstand opgetree het toe hy die bekentenis afgelê het en die bekentenis het aan al die wetlike vereistes voldoen.

NUGTER VERSTAND

Lichtenstrasser het tydens die binneverhoor getuig hy het dae voor hy die bekentenis afgelê het met ’n hongerstaking begin en dat hy swak en verward was.

Hy het ook getuig hy was angstig omdat die ondersoekspan hom verskeie kere ondervra het en hulle glo gedreig het om sy vrou in hegtenis te neem vir haar beweerde aandeel in die moorde.

Liebenberg wys daarop in sy uitspraak dat Lichtenstrasser se getuienis oor die dag se gebeure duidelik en akkuraat was. Hy meen daar was nie genoeg bewyse om vas te stel dat Lichtenstrasser nie in ’n gesonde gemoedstoestand was nie.

VOLDOEN AAN VEREISTES

Titus het tydens die binneverhoor aangevoer die bekentenis het nie aan die nodige wetlike vereistes voldoen nie en dat dit op grond daarvan ontoelaatbaar verklaar moet word.

Titus het gesê die bekentenis moes deur ’n landdros bevestig en getranskribeer word.

Liebenberg het wel beslis dat die beamptes wat teenwoordig was tydens die aflê van die bekentenis, die nodige offisiersrange beklee het om die bekentenis af te neem.

“Die feit dat sommige van die beamptes nie die nodige offisiersrange beklee het nie, maak nie die bekentenis ongeldig nie,” het Liebenberg gister in die hof gesê.

Die verhoor sal na verwagting vandag in die hoërhof in Windhoek hervat.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!