Hof sê jeugoortreder nog ver van parool
As volwassene oorweeg
Kolela was 15 jaar oud toe hy die misdryf gepleeg het en 18 jaar oud toe hy gevonnis is.
’n Man wat as 15-jarige in 2015 skuldig bevind is aan verkragting en tot 14 jaar tronkstraf gevonnis is, het gefaal in ’n hofaansoek om as jeugoortreder hanteer te word in sy oorweging vir vrylating op parool.
Jonathan Maiba Kolela het in sy aansoek by die hoërhof in Windhoek aangevoer dat hy, as ’n jeugoortreder, geregtig is om vir parool oorweeg te word sodra hy die helfte van die termyn van sy gevangenisstraf uitgedien het.
Die hof het egter beslis dat Kolela – wat 18 jaar oud was toe hy skuldig bevind is – nie meer ’n jeugdige was toe hy sy tronkstraf begin uitdien het nie.
“Op die dag van sy [Kolela] vonnisoplegging en opname by die Namibiese korrektiewe geriewe, was hy ouer as 18 jaar. Hy moet dus minstens twee derdes van sy gevonnisde termyn uitdien voordat hy in aanmerking kan kom vir oorweging om vrygelaat te word op parool,” het regter Shafimana Ueitele in sy uitspraak gesê.
Kolela wat in Walvisbaai in aanhouding is, het tydens hofverrigtinge nie ’n prokureur gehad nie en het gekies om homself te verteenwoordig.
“Kolela se argument dat hy as ’n jeugdige oorweeg moet word vir parool, is misplaas. Die wet op korrektiewe dienste van 2012 handel nie oor die status of ouderdom van die beskuldigde persoon nie, maar handel oor mense wat in 'n korrektiewe fasiliteit opgeneem word. Ek vind dat die datum van die vonnisoplegging en opname by die korrektiewe fasiliteit, die feite is wat oorweeg moet word vir sy vrylating op parool,” lui die uitspraak.
GRONDWETLIKE UITDAGING
Kolela het ook in sy aansoek die grondwetlikheid van afdeling 114 van die Wet op Korrektiewe Dienste 9 van 2012 uitgedaag en versoek dat die hof dit as ongrondwetlik moet verklaar. Hy het aangevoer dit skend artikel agt en tien van sy grondwetlike regte.
Dié afdeling stipuleer dat oortreders wat tot ’n termyn van gevangenisstraf van minder as 20 jaar gevonnis is, eers in aanmerking kan kom vir vrylating op parool of proeftyd indien hy of sy twee derdes van sy of haar vonnis uitgedien het.
Artikel agt van die Grondwet verseker ’n persoon se reg om nie onderworpe te wees aan marteling of aan wrede, onmenslike of vernederende behandeling of straf nie en artikel tien beskerm ’n persoon se reg tot gelykheid en vryheid van diskriminasie.
Ueitele het in sy uitspraak beslis dat die betrokke afdeling van die wet op korrektiewe dienste nie artikel agt of tien van die grondwet skend nie en het Kolela se aansoek van die hand gewys.
Die saak was aanhangig gemaak teen onder andere die minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, dr. Albert Kawana, die kommissaris-generaal van korrektiewe dienste, Raphael Hamunyela en die hoof van Walvisbaai se korrektiewe fasiliteit, Frank Winstaan.
–[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie