Dr. Erold Naomab wat in 2020 as Nust se vise­kanselier aangestel is. Foto Argief
Dr. Erold Naomab wat in 2020 as Nust se vise­kanselier aangestel is. Foto Argief

Hof sê Naomab bly Nust se VK

Onsuksesvolle kandidaat misluk in aansoek
Volgens 'n onlangse hofuitspraak is die aansoek dat die aanstelling van Nust se VK teruggetrek moet word, van die hand gewys.
Kristien Kruger
Die hoërhof in Windhoek het verlede week beslis die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) se prosesse waarvolgens dr. Erold Naomab as Nust se visekanselier (VK) aangestel is, was regverdig en redelik.

Dit volg nadat prof. Frednard Gideon, wat die tweede kandidaat vir die posisie as VK was, dié besluit in die hof uitgedaag het toe hy in November 2020 ’n saak op dringende basis aanhangig gemaak het.

Hy het beweer die aanstellingsproses was “onwettig en onregverdig”. Gideon het aangevoer hy het baie beter as Naomab presteer en dat ’n redelike besluitnemer nie tot dieselfde gevolgtrekking sou kom nie. Hy het geëis dat die raad se besluit ter syde gestel moet word.

Regter Hannelie Prinsloo het verlede Woensdag Gideon se aansoek van die hand gewys en beveel dat hy Nust en Naomab se regskostes moet betaal.

Volgens Prinsloo het Gideon nie daarin geslaag om te bewys dat die aansoek onredelik of onregmatig was nie.

ARGUMENTE

Gideon het Nust, die universiteit se raadsvoorsitter, die voorsitter van die Nust-komitee wat die aanstelling van Naomab as visekanselier aanbeveel het en die minister van hoër onderwys, tegnologie en vernuwing as respondente in die saak gelys.

Die respondente het tydens die verhoor in Maart beweer hulle het al die beskikbare bewyse in ag geneem en hul oordeel verantwoordelik uitgeoefen sodat die werwingsproses die beste kandidaat kon oplewer om Nust in hierdie stadium in sy geskiedenis te lei.

Republikein het tevore berig ondanks die feit dat Gideon die hoogste punt in die onderhoudsproses behaal het met 68,8% teenoor Noamab se 64,5%, is hy nie as die VK aangewys nie

Die Suid-Afrikaanse prokureur Jean Meiring, wat Nust in die saak verteenwoordig het, het aangevoer dat daar holisties na die twee kandidate se aansoeke gekyk is en dit was glo nie net die punte wat hulle gekry het op grond van hul onderhoude en openbare voorleggings wat oorweeg is nie.

Mnr. Sisa Namandje het Gideon verteenwoordig. Die saak is afgehandel en is van die rol geskrap. Gideon het die opsie om teen Prinsloo se uitspraak te appelleer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!