Hof sê Tsumeb Gimnasium mag deelneem
Dringende aansoek teen NSSU
Spelers van skole wat nie aan die nasionale streekligas deelneem nie, mag nie uitgesluit word nie.
Die Namibië Skolesportunie (NSSU) moet Tsumeb Gimnasium se o.14-netbalspan toelaat om aan die Superliga deel te neem, terwyl die unie nie die skool se spelers mag uitsluit omdat hulle nie aan die NSSU se streekligas deelgeneem het nie.
Dít was gister die uitkoms van ’n dringende aansoek wat die skool teen die NSSU en sy nasionale koördineerder, mnr. Solly Duiker, gebring het oor sekere besluite wat die unie in April vanjaar geneem het.
Volgens die eerste besluit op 19 April het die NSSU beslis enige primêre skool-rugbyspeler wat nie aan die NSSU se rugbyligas deelneem nie, nie toegelaat sal word om aan nasionale proewe deel te neem nie.
Die tweede verwys na ’n besluit van die NSSU en Duiker om alle spelers van Tsumeb Gimnasium van die nasionale Superliga vir netbal uit te sluit.
Dit sou 15 netbalspelers en 40 rugbyspelers van nasionale rugbyproewe, sowel as die nasionale Superliga vir netbal uitsluit.
Volgens ’n wedersydse ooreenkoms wat gister deur die betrokke partye bereik is, moet die NSSU die skool se o.14-netbalspan toelaat om aan die Superliga deel te neem, terwyl die unie ook nie die spelers van die skool mag uitsluit sou hulle nie aan die NSSU se streekligas deelneem nie.
Tsumeb Gimnasium moet ook teen 30 Mei uitnodigingsbriewe aan alle skole in die Tsumeb Skole Sone stuur om ’n gesamentlike ooreenkoms af te handel om genoeg spelers te verseker wat in vanjaar se streekrugbyligas vir alle ouderdomsgroepe kan deelneem.
Die skoolhoof en uitvoerende hoof van die Namibië Privateskole-organisasie (Napso), mnr. Wouter Niehaus, verwys in sy eedsverklaring na laasgenoemde se sportgeleenthede wat nieamptelik in die sin is dat dit nie met georganiseerde sport meeding of dit wil vervang nie, maar eerder op sportontwikkeling fokus.
“Napso gee nie voor dat dit amptelike skolesport in Namibië organiseer of as ’n nasionale sportliggaam van enige aard optree nie. Geleenthede is beskikbaar bykomend tot amptelike ligas deur verwante sportliggame. Napso ding nie mee met NSSU of enige ander nasionale sportliggame nie, inteendeel is dit bykomend tot ontwikkeling deur die NSSU,” lui Niehaus se verklaring.
Niehaus sê in sy verklaring Duiker en ander NSSU-beamptes het al in die verlede probeer om individuele leerlinge van Napso-skole te intimideer wat goed in sport vaar. Ouers van dié leerlinge is na bewering gekontak en gedreig dat, sou die leerling aan enige Napso-sportgeleentheid deelneem of selfs net in ’n foto van so ’n geleentheid verskyn, die leerling nooit toegelaat sal word om aan enige NSSU-liga of -geleentheid deel te neem of om Namibië ooit te verteenwoordig nie.
Hy het ’n geval as voorbeeld genoem waar ouers van ’n leerling gesê het hul dogter het uit Napso onttrek omdat Duiker glo aan hulle gesê het dit is die enigste manier waarop sy aan NSSU-geleenthede mag deelneem.
Met verwysing na die motivering waarom die skool nie aan sekere NSSU-ligas of -geleenthede deelneem nie, het Niehaus gesê van die ligawedstryde vind op verskillende tye en plekke plaas.
Buiten ouers se finansiële koste om spelers tot in Windhoek, Swakopmund en Stampriet te neem, mis veral graad 12-leerlinge skooldae en vind die Internasionale Eksamenraad (IEB) se rekord- en jaareindeksamens tydens ligawedstryde plaas.
Leerlinggetalle het ook drasties gedaal omdat ouers dit nie meer kan bekostig om hul kinders in private skole te hou nie, wat dit ook vir die skool moeilik maak om spanne vir al die ligas en ouderdomsgroepe vol te maak.
“Ons het daarom besluit om eerder aan sportweke teen ander skole deel te neem, sodat ons die hele skool na een plek kan neem en onderhandel om onder meer eerder ’n 10-aan-’n kant-rugbywedstryd as ’n 23-speler-wedstryd in sommige ouderdomsgroepe te speel.”
Niehaus het beklemtoon die besluit om nie aan sommige NSSU-ligas of geleenthede deel te neem nie en waar deelname vrywillig is, word altyd in die beste belang van die betrokke spanne of leerlinge geneem en is nooit om die NSSU te boikot nie. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie