Hof skrap aansoek oor Covid-entstowwe

Uitspraak gister gelewer
Die hof het gister beslis dat dr. Martin Wucher nie gemagtig was om namens die Health Defence League op te tree nie en dat die ander applikante nie 'verontregte persone' is nie.
Kristien Kruger
Voor die Health Defence League (HDL) se saak teen die regering oor die toediening van Covid-19-entstowwe op meriete aangehoor kon word, is die saak gister van die rol geskrap.

Die hoërhof in Windhoek het bevind dat dr. Martin Wucher nie gemagtig was om namens die HDL in die hofaansoek op te tree nie en dat die ander applikante – Monika Ruppel, Manfred Förtsch, Werner Gertz en Paul du Plessis – nie kon bewys dat hulle “verontregte persone” is wat geregtig is op die eise wat in die aansoek versoek word nie.

In sy aansoek het die HDL geëis dat die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste die inligting moet bekend maak waarop hulle gesteun het in sy besluit dat die Covid-19-entstowwe “doeltreffend en veilig” is. Hulle wou ook die bron van die inligting weet.

Hulle aansoek het verder versoek dat die toediening van die Pfizer/BioNTech-entstowwe onwettig verklaar moet word en die regering se vereiste dat vrywaringsvorms geteken moet word voor ’n Covid-19-entstof toegedien word, ook onwettig verklaar word.

Die respondente het die saak teengestaan en aangevoer dat die HDL nie die reg of bevoegdheid het om ’n saak te bring nie (locus standi). Hulle het verder aangevoer dat die HDL versuim het om die vervaardigers van die entstowwe by die saak te betrek. Dit is volgens hulle belangrik omdat die vervaardigers ’n direkte belang by die uitkoms het.

Tydens voorverhoorverrigtinge het die partye saamgestem dat hierdie twee kwessies eers getakel moet word voor die saak op meriete aangehoor kan word.

UITSPRAAK

In sy uitspraak het regter Hosea Angula daarop gewys dat ’n persoon moet bewys dat hy/sy die magtiging het om ’n aansoek in die hof te bring.

In die geval waar dit nie ’n persoon is nie, maar eerder ’n organisasie, maatskappy of ander entiteit, moet ’n persoon kan bewys hy/sy is gemagtig om die entiteit te verteenwoordig.

“Met inagneming van die bepalings van die applikant [HDL] se grondwet, was die uitvoerende komitee gemagtig om Wucher te aanvaar om namens die applikant op te tree en nie die bestuurskomitee (steering committee) nie,” het Angula bevind, wat beteken dat Wucher nie die aansoek namens die HDL kon bring nie.

Angula het verder bevind dat die ander vier applikante versuim het om te bewys dat hulle ’n wettige reg het op die regshulp wat in die aansoek geëis word.

“Hulle het nie bewys dat hulle verontregte persone is nie. Dit volg dus dat die tweede tot vyfde applikante versuim het om te bewys dat hulle die prosedurele locus standi het wat hulle geregtig maak op die verligting waarvoor in die kennisgewing van mosie gevra word,” lui die uitspraak.

Angula het gevolglik die HDL se aansoek van die hand gewys en hulle gelas om die respondente se regskoste te betaal.

Die respondente was onder meer die gesondheidsministerie, die regering, die president en prokureur-generaal, asook die Namibiese Medisynebeheerraad.

MERIETE

Met betrekking tot die meriete van die hofaansoek, het die HDL beweer dat onvoldoende inligting oor Covid-19-entstowwe en hul potensiële newe-effekte verskaf is sodat ’n ontvanger van die entstof ’n ingeligte besluit kon neem om toestemming te gee om ingeënt te word.

Op grond hiervan het die HDL geëis dat die vrywaringsvorms wat ingeënte individue onderteken het, tersyde gestel moet word.

Die HDL wou hê die regering moet die inligting bekend maak waarop gesteun is vir veldtogte wat aan die publiek gesê het dat die Covid-19-entstof “veilig en doeltreffend” is vir mense met chroniese siektes en die entstowwe help om ernstige siekte, hospitalisasie en sterftes weens Covid-19 te voorkom.

Die respondente sê egter dat die inligting wat die applikante versoek, reeds aan die publiek beskikbaar is in gepubliseerde dokumente deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) en die ministerie.

“Sommige van die inligting wat die aansoekers gesoek het, het betrekking op inligting wat deur die vervaardigers aan die registrateur van medisyne verskaf word om te bepaal of ’n vrystelling toegestaan moet word en sodanige inligting sluit handelsgeheime van die vervaardigers in.”

Die HDL het ook beweer die Pfizer-entstof is onwettig in die land toegedien.

Die ministerie het in ’n verklaring erken dat die Pfizer-entstof nie ingevolge die Wet op die Beheer van Medisyne en Verwante Middele van 2003 geregistreer of vrygestel is nie, en dat dit vir skoolkinders tussen die ouderdomme van 12 en 17 aanbeveel is.

“Die Pfizer-entstof is aanbeveel vir noodgebruik op grond van goedkeuring deur die WHO se voorkwalifikasies en dokumentasie wat verskaf is,” het die ministerie gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-06-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby World Cup U20: Wales U20 34 vs 41 New Zealand U20 | South Africa U20 57 vs 7 Fiji U20 | Australia U20 35 vs 11 Georgia U20 | Ireland U20 55 vs 15 Italy U20 | England U20 40 vs 21 Argentina U20 | France U20 49 vs 12 Spain U20 Katima Mulilo: 11° | 30° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 11° | 29° Ruacana: 13° | 29° Tsumeb: 13° | 27° Otjiwarongo: 9° | 25° Omaruru: 11° | 25° Windhoek: 8° | 21° Gobabis: 10° | 25° Henties Bay: 12° | 18° Wind speed: 17km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:34, High tide: 10:50, Low Tide: 16:40, High tide: 23:14 Swakopmund: 14° | 16° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 04:32, High tide: 10:48, Low Tide: 16:38, High tide: 23:12 Walvis Bay: 12° | 20° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 04:32, High tide: 10:47, Low Tide: 16:38, High tide: 23:11 Rehoboth: 10° | 23° Mariental: 12° | 25° Keetmanshoop: 11° | 22° Aranos: 12° | 26° Lüderitz: 11° | 20° Ariamsvlei: 11° | 23° Oranjemund: 11° | 18° Luanda: 20° | 23° Gaborone: 11° | 23° Lubumbashi: 11° | 29° Mbabane: 11° | 22° Maseru: 6° | 19° Antananarivo: 7° | 24° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 16° | 26° Windhoek: 8° | 21° Cape Town: 13° | 19° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 10° | 18° Dar es Salaam: 22° | 31° Lusaka: 14° | 27° Harare: 11° | 23° Currency: GBP to NAD 22.95 | EUR to NAD 19.48 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.19 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.75 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.24 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 853.63 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 47.98 | USD to KES 128.73 | USD to NGN 1512.73 | USD to ZAR 18.24 | USD to ZMW 24 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1797.69 Up +1.88% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13318.19 Down -0.28% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27766.27 Up +0.97% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.72/OZ DOWN -0.0004 | Copper US$ 4.37/lb UP +0.67% | Zinc US$ 2 954.50/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 85.64/BBP DOWN -0.0064 | Platinum US$ 992.82/OZ UP +0.20% Sport results: Rugby World Cup U20: Wales U20 34 vs 41 New Zealand U20 | South Africa U20 57 vs 7 Fiji U20 | Australia U20 35 vs 11 Georgia U20 | Ireland U20 55 vs 15 Italy U20 | England U20 40 vs 21 Argentina U20 | France U20 49 vs 12 Spain U20 Weather: Katima Mulilo: 11° | 30° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 11° | 29° Ruacana: 13° | 29° Tsumeb: 13° | 27° Otjiwarongo: 9° | 25° Omaruru: 11° | 25° Windhoek: 8° | 21° Gobabis: 10° | 25° Henties Bay: 12° | 18° Wind speed: 17km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:34, High tide: 10:50, Low Tide: 16:40, High tide: 23:14 Swakopmund: 14° | 16° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 04:32, High tide: 10:48, Low Tide: 16:38, High tide: 23:12 Walvis Bay: 12° | 20° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 04:32, High tide: 10:47, Low Tide: 16:38, High tide: 23:11 Rehoboth: 10° | 23° Mariental: 12° | 25° Keetmanshoop: 11° | 22° Aranos: 12° | 26° Lüderitz: 11° | 20° Ariamsvlei: 11° | 23° Oranjemund: 11° | 18° Luanda: 20° | 23° Gaborone: 11° | 23° Lubumbashi: 11° | 29° Mbabane: 11° | 22° Maseru: 6° | 19° Antananarivo: 7° | 24° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 16° | 26° Windhoek: 8° | 21° Cape Town: 13° | 19° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 10° | 18° Dar es Salaam: 22° | 31° Lusaka: 14° | 27° Harare: 11° | 23° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.95 | EUR to NAD 19.48 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.19 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.75 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.24 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 853.63 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 47.98 | USD to KES 128.73 | USD to NGN 1512.73 | USD to ZAR 18.24 | USD to ZMW 24 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1797.69 Up +1.88% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13318.19 Down -0.28% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27766.27 Up +0.97% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.72/OZ DOWN -0.0004 | Copper US$ 4.37/lb UP +0.67% | Zinc US$ 2 954.50/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 85.64/BBP DOWN -0.0064 | Platinum US$ 992.82/OZ UP +0.20%