Hof verklaar Maree se bekentenis toelaatbaar
“Die beskuldigde is nie eerlik toe hy getuig het dat hy aangerand is nie.”
Regter Philanda Christiaan het dit gister in die hoërhof in Windhoek gesê toe sy beslis het dat die bekentenis wat die vermeende pedofiel, Johann Maree, ná sy arrestasie afgelê het, in sy verhoor toelaatbaar is.
Maree staan tereg op 74 aanklagte wat verband hou met die verkragting van minderjarige seuns in Windhoek en die vervaardiging en verspreiding van pornografiese beeldmateriaal op die donker web.
Ná die staatsaanklaer, Palmer Khumalo, tydens die verhoor aansoek gedoen het dat die bekentenis as bewysstuk ingedien word, het Maree ’n aansoek gebring dat die bekentenis ontoelaatbaar verklaar word. Nadat ’n binneverhoor gehou is, het Christiaan gister dié aansoek van die hand gewys.
BINNEVERHOOR
Maree het aangevoer dat hy die bekentenis onder dwang gemaak het, sy regte nie aan hom verduidelik is nie, polisiebeamptes hom aangerand het en dat hy nie gesond en nugter van verstand was toe hy die bekentenis in Junie 2020 afgelê het nie.
Tydens die binneverhoor het landdros Hendrika Jacoba Horn – voor wie Maree die bekentenis afgelê het – getuig dat sy Maree van sy regte ingelig en hy normaal voorgekom het.
Die staat het ook ’n aantal polisiebeamptes geroep om te getuig en almal het ontken dat Maree aangerand is.
Maree, wat tans homself verteenwoordig, het die getuienisbank ingeneem en in sy eie verdediging getuig.
Hiertydens het hy aangevoer owerhede het hom weerhou om sy medikasie te neem, hulle het hom nie toegelaat om ’n prokureur te kontak nie en dat hy emosioneel onstabiel was.
Hy het getuig dat een van die ondersoekbeamptes hom belowe het indien hy ’n bekentenis aflê, hy sy honde kan sien, hulle sal verseker dat hy borgtog toegestaan word en dat die kinders (slagoffers) nie tydens die verhoor sal getuig nie.
UITSPRAAK
Christiaan het bevind dat Maree nie eerlik was tydens sy getuienis nie en hy die geleentheid gehad het om die landdros oor die aanrandings in te lig, maar verkies het om dit nie te doen nie.
“Die beskuldigde het ook erken die landdros het sy regte aan hom verduidelik. Die landdros het verduidelik dat die bekentenis in oorstemming met die wet was. Die beskuldigde se reg is verduidelik, dit is duidelik dat die landdros bevoeg was,” lui haar uitspraak.
SEKSUELE DADE
Maree word daarvan beskuldig dat hy kameras in die ablusiegeriewe by die munisipale swembad in Olympia in Windhoek versteek het en kinders afgeneem het terwyl hulle uittrek.
Hy het na bewering bevriend geraak met die families en kinders en vanaf 2014 tot April 2020 het hy hulle glo na sy huis geneem en seksuele dade met hulle uitgevoer en hulle afgeneem.
Hy het ook na bewering vir die kinders pornografie gewys en hulle glo laat masturbeer en verkrag. Meeste van die kinders was jonger as 18.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie