Hof verkort moordenaar se gevangenisstraf
100 jaar minder
Ingevolge 'n hooggeregshofuitspraak in 2018 skend swaar vonnisse oortreders se grondwetlike reg tot menswaardigheid.
Die man wat skuldig bevind is aan die grumoorde op agt mense – insluitend ’n swanger vrou en twee kinders waarvan die jongste slegs vier jaar oud was – se tronkstraf is verlede week van 150 jaar na 50 jaar verminder.
Die massamoord het in Maart 2005 in die Kalkrand-omgewing plaasgevind en Sylvester Beukes is in November 2011 gevonnis.
Ná ’n appèlaansoek in die hooggeregshof is sy vonnis na 50 jaar verminder en die tyd wat Beukes reeds in aanhouding deurgebring het, is van sy vonnis afgetrek. Dit beteken daar is nog 37 jaar van sy vonnis oor.
Beukes se appèl was gegrond op ’n hooggeregshofuitspraak van 2018 waar beslis is dat swaar vonnisse oortreders nie ’n realistiese vooruitsig gee om eendag vrygelaat te word nie, en dit neerkom op ’n wrede en onmenslike straf wat teenstrydig is met oortreders se grondwetlike reg op menswaardigheid.
Ingevolge Namibiese wetgewing kan ’n gevangene – wat 20 jaar of langer se gevangenisstraf opgelê is – in aanmerking kom vir parool nadat die gevangene tweederdes van die vonnis uitgedien het. Beukes kan daarom oor 24 en ’n half jaar om parool aansoek doen.
Republikein het voorheen berig dat verskeie misdadigers sedert die uitspraak in 2018 die hooggeregshof genader het met die hoop dat hulle tyd agter tralies hersien sal word.
SES LEWENSLANGE VONNISSE
Regters Theo Frank, Hosea Angula en Rita Makarau het Beukes se vonnis verander na 30 jaar tronkstraf vir die eerste moordklag.
Hy is gevonnis tot ’n bykomende 35 jaar vir die tweede moord, maar 15 jaar sal samelopend met die eerste moordklag se vonnis uitgedien word.
Vir die ses ander moorde is Beukes ses lewenslange vonnisse opgelê. Dié vonnisse sal egter gelyktydig met die tweede moordklag se vonnis uitgedien word.
Dit is effektief 50 jaar tronkstraf, maar die 13 jaar wat Beukes reeds agter tralies deurgebring het, is ook afgetrek.
Frank het tydens die uitspraak daarop gewys dat Beukes se dade “monsteragtig” was en as dit nie vir die vorige hooggeregshofuitspraak oor die grondwetlikheid van swaar vonnisse was nie, sou dit reg van die hof wees om hom permanent uit die samelewing te verwyder.
BESONDERS WREED
Beukes is saam met sy broer, Gavin, verhoor en die hof het bevind dat hulle met ’n gemeenskaplike doel opgetree het.
Sy broer is destyds tot 87 jaar gevangenisstraf gevonnis.
Regterpresident Petrus Damaseb, wat die moordverhoor aangehoor het, het tydens vonnisoplegging die moorde as “besonders wreed en gewelddadig” beskryf aangesien vyf van die slagoffers aan die brand gesteek is nadat hulle geskiet is en daar is later tydens die nadoodse ondersoek vasgestel dat sommige van die slagoffers nog asem gehaal het toe hulle aan die brand gesteek is.
Die slagoffers sluit in die eienaars van die plaas Kareeboomvloer, die 50-jarige Justus en Elzabé Erasmus; een van hul werknemers, die 35-jarige Sunnybooi Swartbooi; Swartbooi se 32-jarige swanger lewensmaat, Hilma Engelbrecht; hul kinders, die sesjarige Christina Engelbrecht en vierjarige Regina Gertze; Swartbooi se broer, die 50-jarige Settie Swartbooi; en ’n familielid van Hilma Engelbrecht, die 18-jarige Deon Gertze.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie