Hof weier jong man burgerskap
Herroep geboortesertifikaat en ID
Russell Kwizera se ouers het in 1996 uit Burundi gevlug en in Oktober 2000 na Namibië gekom.
’n Man (21) wat gehoop het om ’n Namibiese paspoort te bekom nadat hy ’n saak teen die minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit by die hoërhof aanhangig gemaak het, het gefaal in sy aansoek en is boonop sy Namibiese geboortesertifikaat en identifikasiedokument (ID) kwyt.
Russell Kwizera se ouers het in 1996 uit Burundi gevlug en in Oktober 2000 na Namibië gekom. Hulle het kort daarna aansoek gedoen vir vlugtelingstatus.
Kwizera is in Maart 2002 op Otjiwarongo gebore en in Mei 2002 is ’n Namibiese geboortesertifikaat vir hom uitgereik. Kwizera se pa se aansoek om vlugtelingstatus is glo eers in 2006 goedgekeur.
Kwizera het in 2018 – op die ouderdom van 16 – ’n Namibiese ID ontvang.
In 2021 het Kwizera se skool ’n toer na Suid-Afrika beplan en het hy vir ’n Namibiese paspoort aansoek gedoen, maar die aansoek is van die hand gewys aangesien hy glo nie ’n Namibiese burger is nie.
Kwizera het op 9 September 2021 die huidige aansoek teen die minister aanhangig gemaak en die hoërhof in Windhoek het Maandag uitspraak gelewer.
UITSPRAAK
Die hof het bevind Kwizera is wel in Namibië gebore nadat sy ouers vir een jaar en vyf maande in die land gewoon het, maar dat sy ouers se vlugtelingstatus nog nie goedgekeur was ten tyde van sy geboorte nie.
“Die applikant [Kwizera] se ouers het ten tyde van sy geboorte nog gewag op die uitkoms van hul aansoek vir vlugtelingstatus. Die aansoek kon nog goedgekeur óf geweier word.”
“In my opinie, om in Namibië te wees hangend die uitkoms van ’n aansoek vir vlugtelingstatus, het jy slegs die reg om tydelik in die land te wees. Indien die aansoek afgekeur word, word daardie tydelike reg teruggetrek,” lui regter Boas Usiku se uitspraak.
Usiku het beslis dat Kwizera se ouers nie “gewone inwoners” van Namibië was met sy geboorte nie en hy daarom nooit geregtig was op Namibiese burgerskap by geboorte nie.
“Die applikant is daarom nie geregtig op ’n Namibiese ID of geboortesertifikaat nie en moet dit daarom herroep word.”
Usiku wys verder daarop dat Kwizera nie staatloos is nie omdat hy steeds kan aansoek doen vir Burundese burgerskap deur afkoms.
Die hof het ook beslis dat Kwizera die respondente se regskoste moet betaal.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie