Hofaansoek teen NamPower misluk
Die hoërhof in Windhoek het verlede week ’n aansoek teen NamPower van die hand gewys waarin die kansellasie van ’n tenderproses uitgedaag is.
Stream One Investments het ’n dringende aansoek by die hof aanhangig gemaak hangende die uitkoms van die tweede deel van sy aansoek waarin hy ’n besluit - wat op 14 Februarie vanjaar geneem is - om ’n tenderproses te kanselleer, uitgedaag het.
Die tender was vir langtermyn brandstofverskaffers vir die lewering van indringerbos-houtskaafsels aan die Otjikoto- biomassa-kragstasie. Die tender was vir 'n tydperk van sewe jaar.
Hoewel regter Eileen Rakow toegelaat het dat die saak op ’n dringende basis aangehoor word, het sy Vrydag die aansoek met koste van die hand gewys.
Rakow het beslis dat Stream One nie die hersieningspaneel genader het nie en daarom nie die interne hersieningsproses gevolg het nie.
“Dit is duidelik dat die interne hersieningsproses gevolg moet word voordat 'n party die hoërhof nader,” lui haar uitspraak.
AGTERGROND
NamPower het vanaf September tot November 2022 aansoeke vir die tender aanvaar. Stream One het ’n bod ingedien en is daarna gekontak in verband met sekuriteit vir die bod wat glo nie in die regte formaat was nie. Stream One het daarna glo die gewysigde sekuriteit betyds voorsien, maar is op 14 Februarie ingelig dat die tenderproses gekanselleer is.
NamPower, die voorsitter van die nasionale kragverskaffer se tender-evalueringskomitee en die voorsitter van NamPower se verkrygingskomitee, het egter daarna glo die voorgelegde dokumente verwerp aangesien dit klaarblyklik nie aan die kriteria voldoen het nie.
–[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie