Hofeis ná familielid se dood misluk
Mediese nalatigheid nie bewys
In een van talle sake teen die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, hoef die staat dié slag nie op te dok nie.
Vier mense wat sowat N$1,5 miljoen van die staat wou eis vir die dood van ’n familielid, het onlangs gefaal in hulle hofaansoek.
Victor Kamwi Liwela is op 15 Desember 2016 in die Katutura-staatshospitaal dood en die familie het aangevoer dat die dokters en verpleegpersoneel by die hospitaal in stryd met hulle plig opgetree het en Liwela se dood veroorsaak het.
Die oorledene se broer, Obrine Liwela; sy seun, Carl Liwela; sy niggie, Katrina Liwela; en ’n verteenwoordiger van sy twee minderjarige kinders, Shozi Liwela, het die saak reeds in 2018 teen die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste aanhangig gemaak.
Hulle het aangevoer dat die oorledene vir twee dae in die hospitaal was waartydens die personeel hom na bewering nie behoorlik gediagnoseer het nie en glo versuim het om hom op ’n dringende basis te behandel. Hulle het verder aangevoer dat die personeel nie sy toestand gemonitor het of vir hom die nodige medikasie gegee het nie.
Obrine Liwela het tydens die verhoor getuig dat die wyse waarop Victor gesterf het, hulle as gesin getruamatiseer het.
“Hulle het die hospitaal vertrou om die oorledene te help om beter te word, maar hulle het hom eerder afgeskeep en sy dood deur hul nalatigheid veroorsaak.
“Hulle het versuim om die oorledene se toestand te monitor met die behoorlike sorg wat van mediese praktisyns verwag word. Dit was hulle plig om hom te help en na hom om te sien, maar hulle het dit nie gedoen nie,” het hy in die hof beweer.
SAAK VAN ROL GESKRAP
Die hoërhof in Windhoek het Vrydag die hofeis van die hand gewys nadat die gesondheidsministerie ’n aansoek om absolusie van die instansie (absolution from the instance) gebring het.
Die aansoek is gebring nadat die Liwela’s hulle saak gesluit het en is gegrond op die bewering dat hulle nie genoegsame bewyse gelewer het om in hulle aansoek te slaag nie.
Regter Shafimana Ueitele het die aansoek toegestaan en die saak van die rol geskrap.
“Die eisers se bewyse met betrekking tot die verweerder se beweerde verbreking van sy regsplig was swak, onbetroubaar, onwaarskynlik en nie geloofwaardig nie.
“Op grond van die wet en die bewyse wat voor die hof geplaas is, vind ek dat daar geen bewyse is waarop ’n hof, wat sy mening redelikerwys op sodanige bewyse toepas, in die guns van die eisers kan bevind nie,” lui die uitspraak.
Daar was geen kostebevel teen die Liwela-familie gemaak nie.
VERTRAGING
Hoewel die familie reeds in 2018 die saak teen die gesondheidsministerie in die hoërhof aanhangig gemaak het, was die saak aansienlik vertraag voordat die verhoor begin het. Tydens voorverhoorverrigtinge het die eisers lank gesukkel om regsverteenwoordiging te bekom voordat hul uiteindelik met ’n regshulpprokureur voorsien is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie