THREAT: Mining operations sought to be commenced pose a direct and imminent threat to the black rhinos. Photo: FILE
THREAT: Mining operations sought to be commenced pose a direct and imminent threat to the black rhinos. Photo: FILE

Hofgeskil oor mynaktiwiteite in duur voort

In toerismekonsessie naby Khorixas
Die kwessie handel oor die konstruksie van 'n pad wat na bewering skade aan die omgewing veroorsaak.
Ellanie Smit
Besorgde bestuurders van bewaringsgebiede en toerisme-operateurs is vandag (Vrydag) terug in die hof vir nog ’n dringende aansoek vir 'n tussentydse interdik om enige mynaktiwiteite in 'n toerismekonsessie in die Khorixas-gebied te verhoed.

Doro !Nawas-, Ûibasen Twyfelfontein-bewaringsgebied, die ≠Aodaman Tradisionele Owerheid en die maatskappy Ultimate Safaris het die dringende aansoek by die hoërhof in Windhoek teen Ottilie Ndimulunde aanhangig gemaak. Ndimulunde het myneise in die betrokke area en het na bewering die konstruksie van ’n pad in die konsessie hervat wat na bewering skade aan die omgewing veroorsaak.

Die nuutste hofaansoek volg kort nadat Ultimate Safaris se vorige dringende aansoek verlede week Vrydag van die rol geskrap is weens gebrek aan dringendheid.

Die uitgerekte hofgeskil het begin met ’n dringende aansoek teen Timoteus Mashuna nadat dit ontdek is dat hy besig was om 'n pad na die gebeid van sy myneise te bou wat in die proses omgewingskade veroorsaak het. Dié pad was glo gelykstaande aan die grootte en skaal van 'n distrikspad.

Die hof het die aansoek vir ’n interdik toegestaan wat konstruksie in hierdie gebied beplet het. Ndimulunde het egter na bewering padkonstruksie daarna hervat.

Volgens hofstukke het die applikante bewus geword van die feit dat Ndimulunde 'n Omgewingsklaringsertifikaat het wat haar gemagtig om voort te gaan met mynaktiwiteite op grond van die myneise.

“Gevolglik het die applikante hul regspraktisyns van rekord opdrag gegee om 'n brief aan Ndimulunde te rig wat verduidelik dat 'n hofbevel teen Mashuna verkry is en dat die konstruksie van die nuwe pad ’n oortreding van die omgewingswet en die voorwaardes verbonde aan die omgewingsklaringsertifikaat is.”

Die applikante is glo ook in kennis gestel dat die kontrakteurs wat aan die pad werk, dit namens beide die Ndimulunde en Mashuna doen.

Die beëdigde verklaring het verder gesê dat die applikante ontdek het dat Ndimulunde en/of Mashuna grondwater uit die gemeenskap se boorgate binne die grense van die bewaringsgebied onttrek.

“Ndimulunde het duidelik die wet en die omgewingsvoorwaardes wat aan haar omgewingsklaringsertifikaat gekoppe is, oortree en aansienlike skade aan die omgewing aangerig,” lui die verklaring.

Regter Esi Schimming-Chase sal na verwagting vandag die dringende aansoek aanhoor.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford | West Bromwich Albion 0 vs 1 Middlesbrough | Sunderland 2 vs 0 Derby County | Queens Park Rangers 1 vs 3 Hull City | Norwich City 1 vs 1 Leeds United | Luton Town 2 vs 2 Oxford United | Coventry City 3 vs 0 Blackburn Rovers | Cardiff City 1 vs 0 Millwall FC | Burnley 1 vs 0 Plymouth Argyle English Championship: Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford | West Bromwich Albion 0 vs 1 Middlesbrough | Sunderland 2 vs 0 Derby County | Queens Park Rangers 1 vs 3 Hull City | Norwich City 1 vs 1 Leeds United | Luton Town 2 vs 2 Oxford United | Coventry City 3 vs 0 Blackburn Rovers | Cardiff City 1 vs 0 Millwall FC | Burnley 1 vs 0 Plymouth Argyle #N/A Currency: GBP to NAD 22.89 | EUR to NAD 19.16 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.49 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.2 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.3 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.5 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1869.13 Down -1.42% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14154.97 Up +0.93% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 644.79/OZ DOWN -0.0042 | Copper US$ 4.55/lb UP +0.58% | Zinc US$ 3 185.80/T UP 2.04% | Brent Crude Oil US$ 79.40/BBP UP +1.17% | Platinum US$ 989.96/OZ DOWN -0.0024 #N/A