Hofsaak teen Swapo misluk
Dringende aansoek van die hand gewys
Van die regerende party se lede beweer dat Netumbo Nandi-Ndaitwah onreëlmatig as dié party se presidentskandidaat aangewys is.
Die kandidatuur van Swapo se visepresident, Netumbo Nandi-Ndaitwah, vir die komende verkiesing, is gister deur vyf partylede in die hoërhof in Windhoek uitgedaag.
In die hofaansoek het die lede gepoog om Nandi-Ndaitwah se aanwysing as dié party se presidentskandidaat tersyde te laat stel en het ook die hof versoek om Swapo te verplig om ’n buitengewone kongres te hou.
Die vyf lede – Reinhold Shipwikineni, Petrus Ndeshipanda Shituula, Joshua Vaino Martins, Erich Chrismann Shivute en Aina Kalimba Angula – beweer dat Nandi-Ndaitwah onreëlmatig as Swapo se presidentskandidaat aangewys is.
Hulle beskuldig die party en sy leiers daarvan dat hulle die party se grondwet oortree het deur ’n buitengewone kongres na 2025 uit te stel ná die dood van president Hage Geingob in Februarie.
Swapo se grondwet vereis dat in ’n situasie soos hierdie ’n buitengewone kongres binne 90 dae ná die dood van die party se leier belê moet word om ’n nuwe partypresident te kies.
Swapo se opvolgbeleid bepaal verder dat die party se president die outomatiese presidentskandidaat in die nasionale verkiesing is, tensy hulle nie verkiesbaar is nie.
HOFAANSOEK
Die dringende aansoek was egter van korte duur aangesien regter Eileen Rakow die aansoek gister (Maandag) met koste van die hand gewys het.
Die prokureur, Sisa Namandje, het gister argumente names Swapo gelewer en het prosedurele kwessies in die aansoek uitgelig. Hy het verder aangevoer dat die aansoek ligsinnig is en die hof versoek om dit van die hand te wys.
Prokureur Titus Ipumbu, wat die applikante verteenwoordig, het die hof vir meer tyd gevra om hul beantwoordende beëdigde verklaring te voltooi en die prosedurele kwessies daarin aan te spreek.
Ipumbu het aan die hof verduidelik dat hy nie genoeg tyd gehad het om dié verklaring in te dien nie aangesien die respondente eers Sondag omstreeks 22:00 hul reaksie op die aansoek ingedien het.
Namandje het die versoek vir meer tyd teengestaan en daarop gewys dat die dringende aansoek Vrydagmiddag ingedien is terwyl partylede besig was om veldtogte in Mariental te voer.
Hy en Gilroy Kasper, wat saam aan die saak gewerk het, moes glo Sondag deurnag terugry vanaf Mariental om ’n beëdigde verklaring in te dien.
Rakow het in haar uitspraak benadruk dat dit Ipumbu was wat die aansoek gebring het en die datum en tyd vir die verhoor bepaal het. Sy het verder beslis dat die aansoek nie behoorlik voor die hof gebring is nie.
Sy het die aansoek van die rol geskrap en die applikante gelas om die koste van die aansoek te betaal.
Die aansoek is teen Nandi-Ndaitwah, Saara Kuugongelwa-Amadhila, Efraim Nekongo en die voorsitter van die Verkiesingskommissie van Namibië gebring.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie