NO BAD BLOOD: Gondwana Collections and Hollard Insurance have settled the a two year legal dispute.
Photo: File
NO BAD BLOOD: Gondwana Collections and Hollard Insurance have settled the a two year legal dispute. Photo: File

Hollard, Gondwana skik

Jemimah Ndebele
Die toerisme-onderneming Gondwana Collection Namibia en die versekeraar Hollard Namibia het 'n skikking bereik in die regsdispuut wat verband hou met 'n eis van sowat N$638 miljoen wat Gondwana ingestel het om sy inkomste tydens die globale Covid-19-pandemie aan te vul.

"Dit was 'n ongekende tyd en ons werknemers en ons gaste was ons hoofprioriteit," sê Gondwana se uitvoerende hoof, Gys Joubert, oor die impak van die pandemie.

Joubert het klem gelê op die behoefte aan verantwoordelike rolspelers en vennote wat op kliënte fokus om die breër bedryf te help in die herstelproses om na vlakke voor die pandemie terug te keer. Hy het die skikking en die sekerheid wat dit vir die toekoms bied, verwelkom.

Op sy beurt het Hollard se uitvoerende hoof, Jaco Lamprecht, sy vreugde uitgespreek oor die vreedsame oplossing wat met Gondwana bereik is.

"Dit is belangrik dat ons besighede bystaan in hulle pogings om hul bedrywighede ná die pandemie te herbou. Dit is die regte ding om te doen. Ons bly daartoe verbind om, veral in moeilike tye, oplossings aan kliënte te bied wat in hulle behoeftes voorsien, asook finansiële sekerheid deur middel van die betroubaarheid van ons produkte en dienste bied. Ons kliënte en vennote is die hart van ons besigheid en ons gaan voort om ons grootste ondersteuning en respek aan hulle te bied," het Lamprecht gesê. Die skikking wat bereik is, bly volgens 'n verklaring vertroulik.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!