Hoofregters ontmoet
Die hoofregter van Uganda, Alfonse Chigamoy Owiny-Dollo, het vanoggend 'n hoflikheidsbesoek aan hoofregter Peter Shivute by die hooggeregshof gebring. Dit vorm deel van Owiny-Dollo se besoek aan Namibië om uit te vind hoe plaaslike houtskoolproduksie gedoen word sonder om die omgewing te beskadig. Volgens Owiny-Dollo is sy provinsie in Uganda in die verlede deur onreëlmatige en onbeheerde houtskoolproduksie vernietig, voordat dit deur 'n presidensiële dekreet stop gesit is. Oorweging word tans geskenk om die bedryf weer op die been te bring, met lesse wat gevolglik by Namibië geleer kan word. Shivute het hom op sy beurt genooi om Namibië weer te besoek om meer te deel oor Uganda se praktyk van pleitbedinging, iets wat volgens hom vinnig in Namibië gevestig moet word.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie