Hoofregters praat oor regshervorming
Justisie stel in pleitonderhandeling belang
Oeroue Afrika-geskilbeslegting is die toekoms, sê Uganda se hoofregter.
Uganda se hoofregter, Alfonse Chigamoy Owiny-Dollo, het Vrydag ’n hoflikheidsbesoek aan Namibië se hoofregter Peter Shivute by die hooggeregshof gebring.
Hy is in Namibië om meer te leer oor hoe plaaslike houtskoolproduksie in die land hanteer word sonder om nadelig vir die omgewing te wees.
Owiny-Dollo het gesê sy provinsie in Uganda is in die verlede deur onreëlmatige en ongekontroleerde houtskoolproduksie vernietig voordat dit deur ’n presidensiële bevel gestaak is. Daar word nou oorweeg om dié bedryf weer op die been te bring.
Die besoek is in samewerking met die Verenigde Nasies (VN) se Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) gereël om Owiny-Dollo aan Namibië se gevorderde biomassa- en houtskoolbedrywe bloot te stel.
“Namibië se pogings op hierdie gebied dien as ’n noodsaaklike bydrae tot omgewingsvolhoubaarheid en ekonomiese ontwikkeling en ek vertrou jou toer was beide insiggewend en produktief,” het Shivute aan Owiny-Dollo gesê.
Shivute het hom genooi om weer die land te besoek sodat Namibië meer kan leer oor Uganda se praktyk van pleitonderhandelinge – ’n praktyk wat volgens Shivute spoedig in Namibië gevestig moet word.
“Namibië neem aktief deel aan die Afrika-hoofregter se alternatiewe geskilbeslegtingsforum (ACJAF) waar jy ’n deurslaggewende rol in die stigting van die forum gespeel het,” het Shivute aan sy eweknie gesê.
Die forum het ten doel om regshervorming oraloor die Afrika-vasteland te bevorder om agterstande in howe te verminder en doeltreffende regspleging te verbeter, meen Shivute.
“Een gebied van besondere belang vir my is Uganda se ervaring met pleitonderhandelinge in strafregtelike sake. Die bekendstelling van pleitonderhandelinge in Namibië is ’n idee wat al lankal uitstaande is,” sê Shivute.
Dit gaan nie daaroor om ’n beskuldigde vry te spreek nie, maar pleitonderhandelinge help die howe om strafregtelike sake vinnig af te handel, verduidelik hy.
“Ek is ingelig dat Uganda vordering gemaak het met hierdie benadering. Namibië wil graag uit Uganda se suksesse in hierdie verband leer,” het Shivute bygevoeg.
Owiny-Dollo het op sy beurt die Namibiese hoofregter geprys vir sy rol in die uitbreiding van die forum vir regters in Suider-Afrika, wat onder sy leiding uitgebrei is om die Suid- en Oos-Afrika-hoofregtersforum te vorm.
“Daar is ’n behoefte vir Afrika om as een op te tree rakende alternatiewe geskilbeslegting-meganismes. Ons moet terugkeer en ons erfenis terugeis,” het Owiny-Dollo gesê.
Studies in Uganda toon dat slegs 4% van geskille tien jaar gelede deur die howe opgelos is en teen verlede jaar slegs 10%.
“Wat gebeur met die res? Daar is geen bloedvergieting, geen ineenstorting in wet en orde nie. Die verduideliking is dat mense tradisionele regstelsels toepas,” sê hy.
Hy sê alhoewel die praktyk steeds redelik informeel toegepas word, “kan ons dit formaliseer en die praktyk aanpas om dit wat nie by ’n goeie gewete pas nie te verwyder en die meerderheid wat goed is te behou”.
Owiny-Dollo sê hy was onlangs in Zambië om hierdie benadering ook daar te deel, waar sukses met die fasilitering van myngeskilbeslegting reeds resultate lewer.
In Amerika word pleitonderhandelinge gebruik om tot 96% van strafregtelike sake buite die hof te skik, terwyl die oorgrote meerderheid siviele geskille deur onderhandeling, arbitrasie, bemiddeling en konsiliasie opgelos word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie