Hooggeregshof beperk Poca beslagleggings
Saak oor koopprys van Bipa se Katutura-kantoor
Die staat kan nie meer beslag lê op wettige eiendom wat met onwettige inkomste gemeng word nie.
Die hooggeregshof het Vrydag beslis om wetgewing wat die beslaglegging op eiendom wat deur misdaad verkry is, te wysig sodat dit nie wettige eiendom insluit waarmee dit gemeng kon word nie.
Hoofregter Peter Shivute se beslissing oor ’n appèlaansoek wat deur die aanklaer-generaal, die minister van justisie, die prokureur-generaal, die direkteur-generaal van die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC) en die minister van finansies gebring is, is beaam deur adjunkhoofregter Petrus Damaseb, regters Elton Hoff en Theo Frank, terwyl regter Sylvester Mainga nie saamgestem het nie.
HOëRHOF-UITSPRAAK
Die appèlaansoek volg nadat pensioenarisse Martin Shilengudwa en sy vrou, Hilma, in Augustus 2023 in die hoërhof geseëvier het toe regters Thomas Masuku, Herman Oosthuizen en Hannelie Prinsloo hul uitdaging teen die grondwetlikheid van artikel 1 van die wet op die voorkoming van georganiseerde misdaad (Poca) gehandhaaf het.
Weens die bewoording van die wet kon eiendom wat gemeng word met die opbrengs wat uit onwettige bedrywighede gegenereer word ook vir beslaglegging in aanmerking kom.
Die deel van die wetgewing wat nou finaal deur die land se hoogste hof geskrap en ongrondwetlik verklaar is lui: “. . . en sluit eiendom in wat gemeng is met eiendom wat die opbrengs van onwettige bedrywighede is.” Dit word nou spesifiek uit die wet verwyder.
Die Shilengudwa-egpaar hou steeds vol dat hulle onbewus en onskuldig was van enige onwettighede by die Owerheid vir Sake- en Intellektuele Eiendom (Bipa) se aankoop van hul Katutura-eiendom in 2017 vir N$18 miljoen. Aangesien die markwaarde van die eiendom glo slegs N$4,3 miljoen was, monitor die aanklaer-generaal die betrokke Bipa-beamptes en wil sy beslag lê op die opbrengs van die transaksie.
AANKLAER-GENERAAL
Masuku sal na verwagting uitspraak op 11 April lewer oor die aanklaer-generaal, Martha Imalwa, se aansoek om beslag te lê op Martin se bankrekeninge en beleggings, insluitend die N$5 miljoen wat reeds in sy bankrekening was en die vorige waarde van sy beleggings.
Shilengudwa hou vol dat die eiendom waar die gewilde nagklub Club Vaganza bedryf is, selfs meer werd was as die N$18 miljoen en dat hy voorheen ’n aanbod van N$22 miljoen van ’n diamantmaatskappy ontvang het. Hy het egter dié aanbod van die hand gewys aangesien die Wanahede-restaurant, kroeg, dobbelhuis en karwassery die egpaar van ’n goeie maandelikse inkomste voorsien het.
Luidens sy beëdigde verklaring was dit die aanhoudende versoek van Bipa se destydse uitvoerende hoof, Tileinge Andima, wat eers tot ’n huurooreenkoms en later die koopooreenkoms gelei het. Bipa het sy Katutura-tak op die perseel gevestig.
Saam met Andima word Gabriel Sinimbo, die voormalige uitvoerende direkteur van nywerheidsontwikkeling en handel, en die destydse Offshore Development Company (ODC) se waarnemende uitvoerende hoof, Phillip Namundjebo, ook geïmpliseer, volgens vorige verwante nuusberigte.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie