Inna Hengari wil staat hof toe sleep
Amushelelo nog in aanhouding
Die staat het onlangs die aanklagte teen die PDM-lid teruggetrek nadat sy by die Onafhanklikheidsdag-protesaksie in hegtenis geneem is.
Nuusredaksie – Die Popular Democratic Movement (PDM)-parlementslid Inna Hengari beplan om die staat te dagvaar vir haar inhegtenisneming op Onafhanklikheidsdag in Maart nadat die aanklagte teen haar teruggetrek is.
Hengari en die aktiviste Dimbulukeni Nauyoma en Michael Amushelelo is aangekla van openbare geweld, kwaadwillige beskadiging van eiendom en aanhitsing tot openbare geweld nadat hulle in hegtenis geneem is by ’n beplande betoging deur die werklose jeug in Katutura.
Tatelo Lusepani, die staatsaanklaer, het Vrydag aan die hof gesê hulle trek die aanklagte teen Hengari terug omdat daar geen prima facie-saak teen haar is nie. Die opposisieparlementslid het drie nagte in polisie-aanhouding deurgebring voordat sy op borgtog van N$5 000 vrygelaat is.
GRONDWETLIKE REGTE
Hengari het Dinsdag bevestig dat sy ’n regsgeding teen die polisie – wat sy beskuldig van die onderdrukking van opposisiestemme – en ander staatsentiteite aanhangig sal maak.
“Ek sal gebruik maak van alle regsinstrumente tot my beskikking – as ’n burger wat in die aangesig van onreg gepraat het en gekies het om skouer aan skouer met die werklose jeug van hierdie land te staan – in die soeke na geregtigheid vir onder meer onregmatige arrestasie,” het Hengari gesê.
Sy het bygevoeg: “Ons moet nooit hierdie inhegtenisnemings as geïsoleerde gevalle behandel nie, want die voortgesette arrestasies en aanhouding van andersdenkende stemme is nie in lyn met ons nasionale waardes en beginsels soos verskans in ons Grondwet nie.”
VERHOOR
Terwyl die aanklagte teen Hengari teruggetrek is, bly Amushelelo verhoorafwagtend in die tronk op dieselfde aanklagte.
Sy borgtogaansoek het in beide die landdroshof en die hoërhof misluk.
Amushelelo en Nauyoma se verhoor het Vrydag afgeskop, met die polisie wat erken het die skade aan een van die polisievoertuie het plaasgevind nadat die twee mans reeds in hegtenis geneem en in een van die polisievangwaens geplaas is. Die staat voer egter aan dat die twee aanspreeklikheid vir die skade moet aanvaar omdat hulle die protesaksie gereël het. Die verhoor gaan op 12 September voort.
– republikein@republikein

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie