Intercape ontduik glo huur
TransNamib het die hof genader in 'n poging om Intercape Namibia van hul perseel in Windhoek te verwyder en eis betaling van sowat N$1,6 miljoen.
Die hofsaak is gegrond op Intercape se beweerde versuim om sowat N$1,3 miljoen se huurgeld en ongeveer N$230 000 se nutskoste te betaal.
Partye het gister in die hoërhof in Windhoek verskyn vir 'n sanksieverhoor vir TransNamib se beweerde nienakoming van 'n voorverhoorbevel.
Intercape se beweerde skuld spruit na bewering uit sy versuim om sy maandelikse huur van N$48 384 te vereffen, asook nutskoste vir sy bedryfsperseel by No. 19, Prof. Mburumba Kerinastraat, Windhoek.
In hofstukke versoek TransNamib dat die huurooreenkoms beëindig word, Intercape verwyder word en sowat N$1,6 miljoen moet betaal.
Die twee partye, verteenwoordig deur Johny Smith, TransNamib se destydse uitvoerende hoof, en Johann Ferreira, die uitvoerende hoof van Intercape, het na bewering 'n skriftelike huurooreenkoms vanaf Augustus 2019 tot einde Julie 2021 aangegaan, met voorsiening van ’n huurkontrakhernuwing vir 12 maande, onderhewig aan die afwesigheid van wanbetalings of oortredings in die bestaande kontrak.
Die kontrak bepaal ook dat enige wanbetaling of kontrakbreuk deur Intercape, glo tot die kansellasie van die ooreenkoms sal lei.
Hofstukke dui daarop dat TransNamib 'n skriftelike kennisgewing aan Intercape Namibia uitgereik het, gedateer 21 Junie 2022, om die uitstaande betalings te maak.
“Die verweerder het gefaal en/of geweier om die oortreding reg te stel,” lui die hofstukke.
Na Intercape se beweerde versuim om die ooreengekome bepalings na te kom, versoek TransNamib die beëindiging van die huurooreenkoms. Hulle soek 'n bevel om Intercape en alle ander derde partye van hul bedryfsperseel te verwyder. Daarbenewens soek hulle magtiging van die adjunkbalju om die bevel af te dwing en uitsetting uit te voer, met bystand van die Namibiese polisie vir in geval enige persoon weerstand bied tydens die ontruiming.
Die saak sloer reeds sedert verlede jaar onder andere omdat partye aansoek gedoen het om sekere hofdokumente te wysig.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie