Intercape, TransNamib besleg huurgeskil
Intercape Namibia en TransNamib se hofsaak oor Intercape se beweerde wanbetaling van huur en nutskoste aan TransNamib vir die gebruik van sy fasiliteite, is uitgeklaar en die saak is van die rol geskrap.
TransNamib het Intercape aanvanklik vir sowat N$1,3 miljoen in beweerde onbetaalde huur en sowat N$230 000 in onbetaalde nutskoste gedagvaar.
Volgens ’n hofbevel wat op 18 April op die hoërhof se aanlyn stelsel gelaai is, het partye in Januarie vanjaar die dispuut besleg. TransNamib het egter aangevoer dat een van Intercape se verklarings nie ‘“die volle uitstaande saldo” weerspieël nie.
TransNamib het glo die hof ingelig van sy voorneme om ’n aansoek te bring om sy eisbesonderhede te wysig om sodoende te verseker dat die uitstaande bedrag vereffen word.
Partye het op 29 Januarie in die hof verskyn en die hof het TransNamib beveel om voort te gaan met die indiening van sy aansoek om wysiging.
Die saak is tot 18 Maart uitgestel, maar op 17 Maart het die hof ’n bevel uitgereik wat TransNamib beveel om ’n beëdigde verklaring in te dien wat sy nienakoming van die hofbevel van 29 Januarie verduidelik, aangesien geen kennisgewing van voorneme om te wysig deur TransNamib ingedien is nie.
“'Die verduideliking in die beëdigde verklaring deur die eiser [TransNamib] se regspraktisyn was nie bevredigend of aanvaarbaar nie aangesien geen verduideliking aangebied word vir die tydperk van 29 Januarie 2024 (toe die bevel vir die beoogde wysiging uitgereik is) tot 23 Februarie 2024 (toe die kennisgewing van voorneme om te wysig ingedien moes word),” lui die hofbevel.
Partye het op 15 April in die hof verskyn vir ’n sanksieverhoor vir die nienakoming van die hofbevel.
Op dieselfde dag is die hofbevel uitgereik wat stel dat die saak afgehandel is en van die rol geskrap word op die veronderstelling dat partye die saak uitgeklaar het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie