IPC, Smith-Howard se twis duur voort
‘Aantygings nooit ondersoek nie’
Die hofsaak oor 'n IPC-lid en voormalige voorsitter van die Erongo-streekraad se destydse skorsing het gister in die hoërhof verskyn vir voorverhoorverrigtinge.
Die voorsitter van die Erongo-streekraad, me. Ciske Smith-Howard, wat aan die begin van die maand as voorsitter bedank het voordat raadslede oor haar bevoegheid kon stem, het gister in die hoërhof in Windhoek verskyn vir voorverhoorverrigtinge in die saak wat sy teen die Independent Patriots for Change (IPC) aanhangig gemaak het.
Smith-Howard is op 20 Oktober 2021 uit die IPC geskors en sy beweer dat haar skorsing nie in ooreenstemming met die IPC se grondwet is nie.
Smith-Howard vra die hof om haar skorsing nietig te verklaar en tersyde te stel.
Sy het die saak op 17 Desember 2021 teen die IPC en die party se nasionale hoofsekretaris, me. Christine Auchomas, aanhangig gemaak en beweer sy is nooit skriftelik van haar skorsing in kennis gestel nie.
Sy beweer verder die aantygings teen haar is nooit ondersoek nie.
IPC ONTKEN ENIGE OORTREDING
Die IPC het in pleitstukke beweer Smith-Howard se versuim om nie van interne kanale gebruik te maak om die kwessie op te los nie, is genoegsame rede vir die hof om die saak van die hand te wys.
“Die verweerders het die interne meganismes om die dispuut op te los, opsetlik vertraag deurdat hulle versoeke van die eiser om interne meganismes te gebruik, geïgnoreer het,” lui Smith-Howard se antwoord op die verweerders se pleitstukke wat op 31 Maart by die hof ingedien is.
Die verweerders ontken dat die eiser mondelings geskors is.
“Die eiser is beperk in ooreenstemming met die bepalings uiteengesit in 'n brief van die nasionale hoofsekretaris wat die eiser opdrag gegee het om alle aktiwiteite namens die verweerder te staak,” lui hul pleitsukke.
“Die eiser het in stryd met die beperking opgetree en pligte hervat, maar nietemin en in flagrante misbruik van die hofproses, volhard sy met haar eise.”
DISSIPLINÊRE VERHOOR
Smith-Howard sê sy is op 10 Desember 2021 op kort kennisgewing na ’n dissiplinêre verhoor voor die nasionale dissiplinêre komitee genooi en beweer die verhoor was ook nie in ooreenstemming met die bepalings van die IPC se grondwet nie. Sy versoek 'n bevel dat die IPC se kennisgewing (en die aanklagte wat daarop aangedui word) om haar te dissiplineer (tesame met enige en alle besluite wat daaruit voortspruit) nietig verklaar word van enige regsgevolge en tersyde gestel word.
Sy beweer die stigterslid, dr. Panduleni Itula, het op 13 November 2021 in die openbaar stellings gemaak dat die bewerings – wat nie aan ondersoeke onderworpe was nie – sonder twyfel waar is.
Die partye het gister voor regter Herman Oosthuizen in die hoërhof in Windhoek verskyn vir saakbestuur.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie